



Vis en seekos
Omega-3-vetsure is die sogenaamde goeie vette wat ook help dat die brein goed funksioneer. ’n Tekort daaraan kan onder meer lei tot depressie, ’n swak geheue, ’n lae IK, leerprobleme, disleksie en aandaggebrek. Olierige vis, soos veral salm, maar ook sardyne, forel, tuna, haring, makriel en ansjovis is ryk aan omega-3-vetsure.
Die omega-3 vetsure dien as immuunversterkers deur die aktiwiteit van die fagosiete, die witbloedselle wat bakterieë vernietig, te verhoog. Vis is ook 'n belangrike bron van B vitamiene, veral die stresbevegters B6 en B12 wat help met die vervaardiging van serotonien, die "vrolike" breinchemikalie.
Dit is beter om jou omega-3 vetsure van vis, eerder as aanvullings te kry, alhoewel aanvullings 'n goeie alternatief is wanneer vis nie beskikbaar is nie.
KAASIRIGGE VIS
600 - 800g stokvis
1 koppie suurroom (as jy nie suurroom kan kry nie, voeg 'n teelepel asyn by die room)
¼ koppie melk
1 pakkie wit uie soppoeier
1 koppie gerasperde Cheddarkaas
handvol vars peietersielie, gekap
paprika
METODE
Plaas gevriesde stokvisfilette in 'n vuurvaste bak.
Meng room met uie soppoeier en melk.
Bedek die vis daarmee.
Strooi kaas en pietersielie oor.
Sprinkel 'n bietjie paprika oor.
Bak oop, teen 180 grade vir 'n halfuur.
GEBAKTE VIS MET PIKANTE RISSIESOUS
600 g stokvisfilette
PIKANTE RISSIESOUS
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
5 ml (1 t) knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
60 ml (4 e) Peppadew Relish
20 ml (4 t) suurlemoensap
2 handevol vars koljander, gekap
2,5 ml (½ t) sout
METODE:
Stel oond op 180 °C.
Smeer oondbak met botter of spuit met kossproei. Pak stokvis in oondbak.
Pikantrissiesous Verhit olie en soteer ui en knoffel tot ui amper sag is. Voeg sampioene by en soteer vir drie minute. Verwyder van hitte.
Roer Peppadew Relish, suurlemoensap, vars koljander en sout by.
Giet bo-oor vis. Bedek met foelie en bak vir 25 minute.
Sit saam met slaai en klein aartappels voor.
Wenk: Die vars koljander gee ’n besonderse smaak aan die gereg
BITTERBALLEN
Hierdie is ‘n traditioneel Hollandse happie
100ml witsous (béchamel)
70ml gremolata*
80g gerookte vis (makriel of skelvis, gevlok)
1 k koekmeelblom
1-2 eiers, geklits
1 k broodkrummels
METODE:
Meng die witsous en gremolata. Geur met sout en pepper. Voeg die gerookte vis by en meng goed.
Vorm netjiese balletjies (so 30g elk) en plaas in die yskas vir ongeveer 10 – 20 minute om ferm te word.
Rol die balletjies een vir een, eers in die meel, dan eier en dan die broodkrummels.
Braai tot goudbruin in warm olie (180°C). Bedien warm met aioli.
*Gremolata: Meng 1t gekapte knoffel, 4 e gekapte pietersielie en 2 t gerasperde suurlemoenskil
CALAMORE (CALAMARI RYSDIS)
1 koppie rou rys
500g calamariringe
1 rooi soetrissie, in repies gesny
2 teelepels hoenderaftrekselpoeier
botter
skeut suurlemoensap
1 brandrissie, opgekap
METODE
Kook rys in water met hoenderaftreksel tot gaar.
Roerbraai soetrissie en voeg by rys.
Verhit 'n pan tot baie warm, voeg botter by, dan die brandrissie, en dan die calamari en knoffel.
Roerbraai vinnig vir 'n minuut, anders word die calamari taai.
Voeg die rys by sodat dit die geure optel.
GEBRAAIDE CRABSTICKS
1 pak crabsticks
TEMPURA BESLAG:
1 eier
1 kop yskoue water/gewone water met ysblokkies in
3/4 kop meel
knippie koeksoda [½t]
METODE:
Klits eier en water saam tot sponsig.
Voeg meel en koeksoda by eiermengsel.
Meng vinnig deur, maar moenie te veel meng nie. [ paar klontjies in is lekker]
Gebruik vir vis, groentestukkies ens.
Beslag moet dun wees. Voeg nog yskoue water by indien deeg te dik is.
Sorg dat jou olie baie warm is.
[Canola olie werk baie goed hier]
Doop crabsticks in beslag en braai tot goudbruin, dreineer op kombuispapier.
Bedien met lekker brosgebraaide skyfies, 'n seekosdip en groenslaaitjie.
KERRIE GARNAALE
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
2 uie, gekap
15 ml (1 e) klaargekapte knoffel
15 ml (1 e) klaargekapte gemmer
15 ml (1 e) klaargekapte brandrissies
30 ml (2 e) Nomutandoori speserye
fyn gerasperde skil en sap van 1 lemmetjie
1 x 425 g-blik heel geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
1 x 425 g-blik klappermelk
15 ml (1 e) mielieblom
30 ml (2 e) water
800 g garnale, ontvries, skoongemaak en doppe (behalwe stert) verwyder
sout en gemaalde swartpeper
100 g (1 pak) gevlokte amandels
hand vol koljander, gekap
1 lemmetjie, in wiggies gesny
METODE:
Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die uie daarin tot sag.
Voeg die knoffel, gemmer en rissies by en braai vir 1 min.
Voeg die tandoorispeserye, lemmetjieskil en -sap, tamatie en klappermelk by.
Bring tot kookpunt. Meng die mielieblom en water tot glad, voeg by die sous en prut vir 5 min.
Druk die garnale met kombuispapier droog en voeg by die sous.
Prut vir 5 min. tot gaar. Geur na smaak.
Meng die amandels en koljander deur.
Sit met lemmetjiewiggies voor.
VISPAELLA
koppie rou rys
5ml borrie
500ml visaftreksel
150g skelvis gaar gestoom in melk
150g stokvis in botter gebraai tot gaar
150g botter 1 pak gemengde seekos (Marinara mix), gebraai in botter en knoffel. (Behou die bottervloeistof)
250ml bevrore ertjies in mikrogolf verhit vir 3 minute
Kook rys gaar in visaftreksel, borrie en knoffel. Meng gaar rys, gaar gevlokte skelvis en stokvis, gaar seekosmengsel en ertjies, alles deurmekaar. Plaas in opskepbak en stip met botter bo-op. Knoffel kan ook bygevoeg word. Gooi melk waarin skelvis gaar gemaak is en bottervloeistof van seekosmengsel bo-oor. Plaas foelie oor en bak vir 45 minute by 160C. Roer deur voor, voorgesit word.
SEEKOS ROERBRAAI
250g rou rys
1 ui, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, in repe gesny
knoffelbotter om in te braai
250g knopiesampioene, gehalveer
knippie piri-piri
15ml gemengde kruie
sout en peper na smaak
500g bevrore seekosmengsel
Kook die rys in soutwater tot sag. Dreineer goed. Soteer die ui, knoffel en soetrissie in die knoffelbotter tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot ligbruin. Voeg al die geurmiddels by en meng goed. Giet kookwater oor die seekosmengsel en laat 2 minute lank staan (of volg die aanwysings op die pak). Dreineer en voeg by die uiemengsel. Roerbraai sowat 1 minuut lank, maar moenie te lank braai nie, want dan word die seekos taai. Meng die rys by, roerbraai tot alles deurwarm is en dien dadelik op. Genoeg vir 6 mense.
HADDOCK VISKOEKIES
300g Haddock
400g aartappels, gekook en fyngedruk
2 eetl vars pietersielie
1 eier, geklits
Sout en peper
Kook vis in water tot gaar (gevlok)
Meng met aartappels, eier, pietersielie, sout en peper
Maak klein balletjies, plaas op gesmeerde bakplaat en druk effens plat
Bak vir ongeveer 10-15 min by 180°C of tot goudbruin.
Bedien met groente of Slaai.
GEBAKTE VIS MET APPEL EN PIENKSOUS
560g stokvis (hake) of koningklip
5ml mosterdpoeier
90ml mayonnaise (of 'reduced oil dressing')
200g uie, gekap
3ml tiemie
1 appel, in klein blokkies gesny
30ml suurlemoensap
30ml tamatiesous
Meng al die bestanddele behalwe die vis.
Plaas vis in gesmeerde oondbak, en smeer mengsel oor die vis.
Bak vir 30 min by 200°C
VISVINGERS MET TAMATIE EN SAMPIOENSOUS
1 pak visvingers (van 16)
1 houertjie joghurt (250ml)
1 Blik tamatie & uie
1 pakkie sampioenroomsop
Cheddarkaas, gerasper
Spinasie (opsioneel)
Pak (ontvriesde) visvingers onder in oondbak.
Gooi blik tamatie & uie eweredig bo-oor.
As jy wil spinasie gebruik, gooi opgekapte spinasie bo-oor.
Meng die joghurt & sampioenroomsop (as dit te dik is, gooi klein bietjie melk by)
Versprei eweredig bo-oor spinasie / tamatie uie mengsel.
Gooi gerasperde kaas eweredig bo-oor.
Bedek met foelie.
Bak in oond vir ± 45 minute op 180°C
Haal foelie af vir laaste 5 minute & sit oond op grill om kaas lekker crispy te maak.
Sny die vis in stukke en laat le in suurlemoen en asyn om die modder smaak te vermy! Doop die stukke in eers koekmeel met spices na smaak gemeng en dan in eier (eers meel dan eier) en bak in olie oor lae hitte tot goed gaar. Baie lekker!!12/3/13
VARSWATER VISKOEKIES
2kg gaar ontbeende varswater vis.
2kg gaar fyngedrukte aartappels.
4 Eetlepels droe of 1koppie fyn vars pietersielie.
6 eiers geklits.
4 eetlepels Aromat.
2 eetlepels fyn swart peper.
1 eetlepel rooi peper.
1 koppie suurlemoensap.
4 groot uie fyn gekap.
Genoeg olie om diep in te braai
Sit deur meuletjie meng dan die suurlemoensap goed deur bedek vir halfuur meng dan die eiers in en vorm balletjies in handpalm en druk effens plat en bak in matige warm olie diep genoeg om viskoekie te bedek tot bruin aan albei kante.
Wenk
sodra die koekie in olie geplaas word skuif vinnig bietjie rond sodat dit nie kleef nie. Plaas op draadrakkie of kombuispapier om te dreineer. Hierdie koekies vries fantasties.
KARP OF SWARTBAARS IN DIE PAN
2 kg karp- of swartbaarsfilette, in blokkies van 2 cm elk gesny
45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) botter
2 groot uie, grof gekap
25 ml Brandewyn
5 ml (1 t) gekapte knoffel
5 ml (1 t) witpeper
5 ml (1 t) sout
10 ml (1/2 K) vars, gekapte vintel
5 ml (1 t) gedroogde tiemie
of
10 takkies vars tiemie, gesnipper
750 ml (3 k) mango-en-lemoensap
1/2 suurlemoen se sap
125 ml (1/2 k) vars, gekapte pietersielie
Metode
Verhit die olie en botter oor matige hitte in 'n groot pan of platboompot. Voeg die uie by en soteer dit tot glansend. Voeg die brandewyn en knoffel by en roer dit deur. Voeg die visblokkies by. Strooi die peper, sout, visspesery, vinkel en tiemie oor en roerbraai dit 2 minute lank. Voeg die vrugtesap by en laat prut dit oor matige hitte - 5 minute lank of totdat die vis ferm is. Roer dit gereeld. Voeg die suurlemoensap en pietersielie net witrys wat met gekapte grasui. Bedien dit met witrys wat met gekapte grasui gegeur is.
Wenke
Gaan so te werk om die vis voor te berei: Sny die kop en vinne van die vis af en trek die vel af. Sny die vis met 'n skerp mes aan beide kante al langs die ruggraat af, om die filette te bekom. Dieselfde resep kan gebruik word om stokvis of koningklip te berei.
VISGEREG
1kg Kingklip, in blokkies gesny
1 Ui fyngekap
2 huisies knoffel fyngedruk
60ml olyfolie
4 tamaties, geskil en fyngekap
80ml droë wit wyn
15ml gekapte origanum of 2ml droë origanum
30ml gekapte vars pietersielie
sout en vars gemaalde swart peper
75g fetakaas, gekrummel
Metode:
Braai ui en knoffel in olie in braaipan.
Voeg tamaties, wyn, origanum, pietersielie en sout en peper by.
Laat bietjie kook tot dikkerige sous.
Voeg vis by en laat kook net tot gaar.
Strooi gekrummelde fetakaas bo-oor.
SALMPASTA
500g gerookte salm in repies gesny
2 klein uie fyn gekap
125ml koekmeel
500ml Ideal melk
250ml room
250ml water
160ml gekapte grasuie
Sout en vars gemaalde swartpeper
3 pakke (500g elk) tagliatelle of penne pasta klaar gekook
Vars parmesaankaas gerasper
Metode:
Smelt die botter en roerbraai die uie daarin tot sag. Voeg meel by en meng goed. Voeg die ideal melk, room en water by. Roer tot die sous verdik en kook. Voeg die meeste van die salm en grasuie by en geur met sout en peper. Meng dit met die pasta en sprinkel die die res van die salm en parmesaankaas oor. Sit dadelik voor. Indien verkies, kan ‘n stuk pangebraaide vars salm bo-op bedien word.
GEURIGE ROOMVIS
1kg koningklip, in kleinerige porsies gesny
Kookolie vir vlakbraai
2 eiers geklits
125ml koekmeel, gegeur met sout en peper
2 uie in ringe gesny
4 ryp tamaties, geskil en in skywe gesny
15ml kerriepoeier
Sout en peper
250ml room
Gekapte vars pietersielie
Metode:
Verhit die kookolie in ‘n groot pan. Rol die vis in die geklitste eier en daarna in die meel. Bak dit in die olie tot mooi bruin en gaar. Verwyder die vis uit die pan en plaas dit in ‘n groot plat bak. Braai die uie liggies in dieselfde pan tot deurskynend. Voeg die tamaties, kerriepoeier, sout en peper by en laat ‘n paar minute kook. Skep die mengsel op die visporsies en laat afkoel. Laat minstens 4 uur, maar liefs langer in die yskas staan. Verhit weer voor opdiening, maar moenie roer nie. Giet die room oor en besprinkel met die gekapte vars pietersielie. Sit voor met rys en groenslaai.
VIS MET WYNSOUS
15 ml botter
12 klein sampioene, in skyfies gesny
45 ml koekmeelblom
5 ml sout
2 ml witpeper
2 ml paprika
500g visporsies
1 klein ui, in ringe gesny.
6 koljanderkorrels
1 lourierblaar
2 kruienaeltjies
5 ml mosterdsade
200 ml witwyn
200 ml dun room.
Metode:
Plaas die botter en die sampioene in n oondskottel en bak dit vir 15 minute lank by 200 C Meng intussen die koekmeelblom, sout, peper en paprika. Bedek die visporsies met die meel mengsel. Plaas die vis bo-op die sampioene in die oondskottel. Plaas eers die ui en dan die speserye op die vis. Gooi die wyn en room bo-oor. Bak dit vir 30 minute lank.
N.S sny saam met jou sampioene groen en rooi soetrissie repies en volg dan die resep.
VIS BOBOTIE
2 snye vars brood
250ml melk
2 uie gekap
Bietjie olie
15ml suurlemoensap
15ml kerriepoeier
2,5ml borrie
60ml rosyntjies
50g gevlokte amandels
Sout en swart peper na smaak
750g vis, gaar en gevlok
2 eiers geklits
Lourierblare
Metode:
Voorverhit die oond op 180°C. Week die brood in melk en laat eenkant staan. Soteer uie in die olie tot sag en deurskynend. Roer suurlemoensap, Kerrie, borrie, rosyntjies en amandels by. Geur met sout en peper na smaak. Kook 1 min en roer vis by. Druk melk uit brood, behou die melk en roer brood by vismengsel in tot goed gemeng. Skep vismengsel in gesmeerde oondbak. Klits eiers met behoue melk en giet oor vismengsel. Plaas lourierblare bo-op en bak vir 35min of tot gaar. Sit warm voor met rys en slaai.