top of page

NEW

Afrikaanse Resepte

Johan van Wyk (1951). Ek is gebore in die dorpie van Ficksburg wat lê aan die voete van die Malutiberge in die Oos-Vrystaat. Ek woon nou in die pragtige stad van Kaapstad. Ek is 'n afgetrede opmeter en het 'n passie vir kook. Ek het my loopbaan as 'n mynopmeter begin en gou weg gebreek na die siviele ingenieursbedryf as 'n siviele ingenieurswese opmeter. My werk het my na baie plekke in Afrika asook vir 'n ruk na Amerika geneem waartydens ek my resep versameling begin het. Indien jy van my boeke aflaai sal jy oplet dat in meeste van hulle gebruik ek beide metrieke en imperiale mates. Die presiese omskakeling na die metrieke stelsel gee nie altyd gerieflike hoeveelhede nie daarom word die metrieke hoeveelhede gegee wat tot die naaste 25 gram afgerond is. Wees versigtig om net een tipe afmeting te volg. volg en "like" my Facebook blad, "Afrikaanse Resepte". 

Moet nie skaam wees om jou resepte, of dit jou eie is of nie, te deel nie. Ek sal graag 'n bladsy op hierdie webwerf wil sit vir "Vriende se Bydraes" met jou naam en fotos by.

Groete.

bottom of page