top of page

RESEPTE

Ek het nie 'n miljuisend resepte hier nie en as jy eenige versoek het praat dan mt my in die "kontak my" afdeling.

Stuur vir my jou resep/resepte per epos of gebruik die "kontak my" blad.

Ek sal probeer om een keer per week nuwe resepte te plaas.

As jy enige gedagtes het oor wat ek dalk kan verander, weglaat of byvoeg op hierdie webwerf, laat weet my asb. Enige kritiek (goed of nie) is welkom. Ek wil nie met die groot webwerwe kompeteer nie, so moet my asb. nie met hulle vergelyk nie. My gedagte is om JOU resep met fotos en JOU naam op die webwerf te kry.

SKILPADJIES

 

BESTANDDELE

500 gm heel lewer

1 kg netvet van 'n skaap of vark

Tandestokkies

Sout en peper

METODE

 

Sny die lewer in stukkies van ongeveer 5 cm x 2 cm en trek die vliesies af.   Sny die dun gedeelte van die netvet in stukkies wat net groot genoeg is om die lewerstukkies in toe te draai.   Sout en peper die lewerstukkies, draai elkeen afsonderlik in 'n stukkie netvet toe en steek die vet met 'n tandestokkie vas.

Braai vir 10 tot 15 minute op matige kole tot bruin en bedien dadelik

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BRAAI PAAI

 

BESTANDDELE

 

Twee rolle skilferkorsdeeg

Vier handevol gesnipperde spinasie

Enige tipe gaar vleis, maar gerookte hoederborsies is lekker

250 gm spek   

1 groot ui 

1 rooi soetrissie  

1 geel soetrissie

250 gm sampioene

100 gm Fetta kaas

100 gm Cheddar kaas

100 gm Mozzarella kaas

1 eier

¼ koppie melk

 

METODE

 

Ontdooi die deeg vooraf en rol uit op 'n snyplank.

Braai die ui en spek en laat effens afkoel.

Kerf die vleis, spinasie, kaas en rissies grof.

Plaas nou eers die helfte van die rou spinasie op die deeg, pak dan die vleis op, dan die spek en uie gevolg deur die sampioene.

Sprinkel so nou en dan 'n bietjie van Ina Paarman se Rosemary en Olive speserye en swart peper op - nie sout nie.  Die bestanddele is sout genoeg.

Nou volg die drie kase en laastens word alles afgerond met die ander helfte van die spinasie. Sit die boonste laag deeg op en vou die rante dig toe.  Dit is nogal 'n hoë hopie bestanddele, maar druk dit maar vooraf 'n bietjie plat en sit dan die deeg op.  Verf die deeg met 'n mengsel van eier en melk

Gebruik 'n toebroodjierooster met randjies en braai die pastei nie te laag op die kole nie.  Draai gedurig om en braai vir ongeveer 20 minute tot die deeg mooi bruin is.  Sny in porsies en geniet dit.

Vir 'n vegetariese pastei kan die vleis net uitgelos word.  Dis steeds heerlik.   Maak ook jou eie kombinasies op.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SKAAP/LAMPOTJIE

 

‘N no3 tot 4 pot is nodig.    Genoeg vir ±10 persone.

 

BESTANDDELE

 

2 kg skaap of lamvleis.   

Sout en swartpeper na smaak

400 ml water

Kookolie

500 gm spek (bacon)

300 ml semi-soetwyn

5 ml gedroogde tiemie

5 ml gedroogde pietersielie

5 ml knoffelvlokkies

300g gekerfde groenboontjies

5 groot geelwortels – in skyfies gesny

6 tot 8 aartappels – in blokkies gesny

1 pakkie soppoeier opgelos in 100ml water

1 blikkie sampioene of ongeveer 250gm vars sampioene

 

METODE

 

Braai die spek in die potjie en dan die uie daarna, maar indien spek met min vet gebruik wor, moet die uie eerste gebraai word met ‘n bietjie olie  en dan die spek.

Nadat die uie en spek gebraai is word dit uitgeskep en eenkant gehou.   Dan word die vleis gebraai tot effe bruin (gooi nog ‘n bietjie olie indien nodig).     Gooi nou sout en swartpeper na smaak op die vleis asook die ander speserye.   Voeg nou die water by en kook die vleis vir 1½ uur in die geval van lam en 2 ure in die geval van skaap.

Hou altyd ‘n bietjie water gereed om by te voeg as die pot dalk droog kook.

Pak die gebraaide uie en spek bo-op die vleis.

Pak nou die groente in lae met die wat die langste vat om gaar te word onder m.a.w. die wortels eerste, dan die aartappels en gaan so aan met die sampioene heel bo.    Besprinkel die groente liggies met sout en swartpeper, maar wees versigtig, want die soppoeier moet nog inkom en dis ook sout. Laat kook vir nog 30 minute  en gooi dan die soppoeier en die wyn in.    Laat kook vir nog 10 minute vandat die pot weer begin prut, roer dan net effens deur, sodat die bestanddele meng, maar nie stukkend raak nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SKENKELPOTJIE

 

Gebruik ‘n no 3 of 4 potjie en is genoeg vir 10 tot 12 persone.

 

BESTANDDELE

 

2 kg lamskenkels

sout en swartpeper na smaak

4 medium uie – opgekerf

4 knoffelhuisies – fyn opgekerf

2 x  410 gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties

1 x 410 gm blikkie kekerertjies (chick peas)

1 x 115 gm blikkie tamatiepasta

1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny.   Na dit gekerf is moet dit ongeveer 800gm weeg.

1 koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water.

½ koppie rooiwyn

2 teelepels komyn

2 teelepels gemaalde koljander

2 eetlepels heuning

6 lourierblare

3 eetlepels witmeel

kookolie

 

METODE

 

Braai die vleis met ‘n bietjie olie in die ysterpot tot ligbruin.   Sout en peper die vleis.   Voeg ongeveer 400ml water by en kook die vleis oor matige kole vir 90 minute.

Braai intussen die uie saam met die koljander en komyn tot effe bruin in ‘n dikboom pan en voeg dan die knoffel by en braai nog effens.       Meng nou stadig die beesaftreksel, heuning, wyn, tamatiepuree en tamaties in en stooi die meel oor terwyl aanhoudend geroer word.   Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.

Nadat die vleis vir 90 minute gekook het word die  inhoud van die pan met die vleis gemeng en die  kekerertjies en botterskorsie bo-op die vleis geplaas.    Sout liggies en kook vir nog 30 minute.    Roer liggies deur en bedien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BILTONGPOTJIE

               

Gebruik 'n nommer3 potjie, genoeg vir 12 mense.

 

BESTANDDELE

 

1kg biltong          

1 pak macaroni (of noedels)   5 pakkies sampioene

1 sakkie koring  

5 groot uie  

600 tot 700gm kaas   

500 ml room

(Hoe meer biltong, kaas, uie of sampioene jy gebruik, hoe lekkerder)

METODE

 

Kook macaroni en koring in water tot reg.

Sny uie en sampioene in stukke en braai in platboompot tot gaar.

Rasper kaas.

Pak in lae in potjie. Begin met uie, dan biltong, sampioene, koring, macaroni en eindig met die kaas.  Herhaal hierdie 2 of 3 keer tot pot amper vol is.   Gooi die room heel laaste oor.  Al die bestanddele is vooraf gekook so laat die pot net goed warm word oor 'n stadige vuur.  Sodra dieboonste kaas gesmelt het, is die potjie reg om te eet.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VEGETARIESE POTJIE

 

 

Bestanddele:

 

6 aartappels  

 2 tot 3 groot uie

 2 klein patats

 2 gekapte knoffelhuisies

 300gm groenbone

 4 wortels

 250 gm sampioene

 6 murgpampoentjies

Aromat na smaak

Varsgemaalde swartpeper

2 teelepels bruinsuiker

Botter of margarien

1pk "Thick and Creamy Roasted Garlic" sous of iets soortgelyks.

 

Enige ander groente wat beskikbaar is kan gebruik word (botterskorsie en spinasie is kleurvol en lekker)

 

Metode: 

Oond 180˚

Kook aartappels met of sonder skil tot gaar - sny in skywe

Skil patat in skywe - kook en dreineer

Kook groenbone in ligte soutwater vir  net 12 minute- moet nog mooi ferm en groen wees.

Was murgpampoentjies deeglik - sny in skyfies - kook in ligte soutwater tot nog ferm en groen

Kook alle ander groente in ligte soutwater tot nog ferm

Sny die uie in ringe of kap.  Braai die uie en sampioene in die botter (margarien)

Smeer 'n groterige bak en pak 'n laag aartappels onderin.  Pak daarna al die groente in lae en strooi die spesery liggies oor.  Strooi die bruinsuiker oor die lagie patat.  Vir geur en kleur kan kaas heel bo-op geraspe word.   Maak die sous aan volgens die instruksies op die pakkie en gooi oor die dis.   Bak vir 20 minute in die voorafverhitte oond of kook baie stadig in 'n platboompot op 'n paar kole.  Geen water moet bygevoeg word nie.   As jy baie tyd het hoef niks vooraf gekook te word nie, maar die dis moet baie stadig sonder water gekook word en nie pap gekook word nie.

Indien daar nie regte vegetariers in die groep is nie, kan spek vooraf gekap en gebraai word en ook in lae tussen die groente gepak  word.    Pas die hoeveelhede aan by die getal eters.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

MOSBESKUIT
 

Gebruik ‘n groot skottel en meng alles saam in die volgorde:

 

250g Botter/Marg

1 Blik Kondensmelk

2koppies Suiker (kan bietjie meer insit as jy verkies)

2koppies Kookwater

Roer (ek gebruik ‘n “whisk”) tot botter gesmelt is & gemeng is.

Voeg By:

2koppies louwater

4 Jumbo Eiers

2pakkies droe Gis (Ek gebruik altyd die Anchor Pers pakkies)

Helfde van 2.5kg Koekmeel

Roer (weer eens my “whisk”) tot goed gemeng is.

Maak goed toe & los in warm plek (nou met winter, sit ek myne op warm kombers) tot dit goed skuim gemaak het. (omtrent 2-3 ure)

Voeg by:

Res van die 2.5kg Koekmeel

2Eetlepels Sout

1boks Anys

Knie goed.

Kan nog water of meel bysit as nodig.

Moet lekker deeg vorm, nie te styf nie.

Maak weer goed toe & laat rys.

Ek doen my knie werk laaterig in die aand & los oornag om te rys. Veral in die winter. Somertyd gaan dit baie vinniger.

Knie weer af en maak bolletjies, sit in broodpanne & maak weer goed toe, om in die panne te rys. (omtrent 1 uur)

Bak teen 160C vir 1 uur.

BOLAAG:

½ koppie Melk

½ koppie Suiker

Kook in Mikrogolf tot suiker opgelos is. Laat KOUD word.

Die moet eweredid en KOUD bo-oor die Mosbolletjies gesit word sodra dit uit die oond uitkom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                               SPINASIE TERT


Bestanddele:
1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap
5 stukkies repe spek (opgekap)
5 sampioene (opgekap)
1 groot ui (opgekap)

Metode:
Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)
Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute).
Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas, 3 eiers, 1tl mosterdpoeier, peper, Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur.
Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is.
As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.
Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.
Hierdie dis kan deurgaan as ‘n volledige aandete saam met kapokaartappels en lekker mengelslaai.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

MIELIEBROOD SOUFFLE


Bestanddele:

 

60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie

 

Metode:

 

Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie. Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil,

hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor. Gooi gerasperde kaas bo-oor. Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op. Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                PATAT BROOD


Bestanddele:
400 g (715 ml) witbroodmeel
7 ml strooisuiker
350 g rou patats
50 g (50 ml) botter
5 ml sout
20 g kitssuurdeeg
100 ml melk
2 eiers
15 ml botter

Metode:
Sif die meel in ’n groot mengbak en voeg die suiker by. Skil die patats en kook tot sag. Dreineer hulle en druk heeltemal fyn. Jy kan dit deur ’n sif druk om dit behoorlik glad te maak. Voeg die 50 g botter by en meng goed. Meng die sout en suurdeeg met die gesifte meel en suiker. Voeg die fyn patats by die meelmengsel en meng goed. Klits die melk en eiers saam en voeg dit geleidelik by die patatmengsel tot ’n lekker stywe deeg wat geknie kan word. Knie vir so 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak. Sit in ’n bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys tot amper dubbel die grootte. Knie die deeg af en vorm ’n lang wors. Sny dit in 6 stukke en vorm balletjies. Pak hulle in ’n gesmeerde koekpan (12 cm in deursnee). Maak toe met ’n afdroogdoek en laat tot dubbel die grootte rys. Verhit jou oond tot 180 °C. Smelt die 15 ml botter en verf die brood bo-op daarmee. Bak vir 45 minute tot ’n uur. Toets die brood met ’n dun pennetjie om seker te maak dis gaar.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marokaanse potjie

 

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 2 uur

 

olie vir braai

750 g lamsboud, ontbeen en in blokkies gesny

sout en peper

2 uie, gekap

6 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 liter (4 k) beesvleisaftreksel

30 ml (2 e) gerasperde gemmerwortel

2 rooi brandrissies, fyn gekap

100 g sultanas

200 g droë-appelkose, geweek

skil en sap van 1 lemoen

10 ml (2 t) fyn kaneel

45 ml (3 e) heuning

koljanderblare vir garnering

 

Verhit van die olie in ’n swartpot op warm kole en verbruin die vleis bietjie vir bietjie. Geur met sout en peper. Verwyder dit uit die pot en hou eenkant.

Verhit nog olie en braai die uie en knoffel tot sag. Plaas die lamsvleis terug in die pot.

Giet die aftreksel oor en voeg die gemmer en rissies by.

Sit die deksel op en verhit sowat 2 uur op stadige kole of tot die vleis sag is.

Voeg die sultanas, appelkose, lemoensap en -skil, kaneel en heuning by. Verhit nog 20 minute.

 

Geur na smaak. Sit voor saam met rys of koeskoes en garneer met koljander.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOENDER VULSEL (STUFFING)


 

Bestanddele:
8 -10 snye witbrood (sonder korsies)
100g margarien
1 Bruin ui, fyn gekerf
1/2 eetlepel sout
1/2 koppie vars speserye, grof gekerf(sage, tiemie, pietersielie, lourierblare)
1/4 koppie melk indien stuffing te droog.

Metode:
Meng alles saam tot 'n pasta en stop die  hoender.
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

HOENDER WORS

 

Bestanddele:
2.5 kg Ontbeende hoender – gebruik wit en bruin vleis en die vel ook
2 eetlepels tafelsout
2 teelepels fyn swart peper
2 teelepels fyn sage
1 teelepel gemmer
1 teelepel tiemie
1 teelepel aromat of hoender spesery of ek gebruik ook Portuguese chicken spice vir byt
1 koppie hoender aftreksel

Metode:
Sny al die vleis en velletjies in kleiner stukkies en maal op medium stelling
Gooi al die ander bestandele by die aftreksel en meng goed.
Voeg die mengsel by die gemaalde hoender en meng ligweg
Maal dan weer alles saam op fyn stelling.
Stop dan in die ‘derm’ of casings van jou keuse

Dit kan gevries word vir 4 maande

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SJOKOLADE MELKTERT

 

KORS
100 g botter, versag
80 ml (⅓ k) gouestroop
2 eiers
50 g sjokolade, gesmelt
200 ml (¾ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
’n knippie sout

VULSEL
4 groot eiers, geskei
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
750 ml (3 k) melk
30 ml (2 e) meel
30 ml (2 e) mielieblom
’n knippie sout
80 ml (⅓ k) gouestroop
250 g botter, in blokkies gesny

 

METODE
1.Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 23 cm-tertpan.
2.Kors: Klits die botter en stroop saam en voeg die eiers een-een by terwyl jy ná elkeen goed klits. Roer die gesmelte sjokolade in.
3.Sif die droë bestanddele in ’n groot bak. Voeg die eiermengsel by en roer om ’n gladde pasta te vorm.
4.Sprei die korsmengsel egalig oor die bodem en kante van die voorbereide tertpan.
5.Vulsel: Klits die eierwitte tot skuimend, voeg die vanielje-ekstrak by en klits tot stywe punte vorm.
6.Meng 125ml (½ k) van die melk met die meel, mielieblom, sout en stroop tot glad. Sit eenkant.
7.Bring die oorblywende melk tot net onder kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte. 
Verwyder van die hitte en roer die meelmengsel in. Sit terug op die hitte en roer aanhoudend tot die mengsel verdik. Voeg die botter bietjie-bietjie by en meng goed. Klits die eiergele in die verhitte melkmengsel in.
8.Vou die eierwitte sagkens in. Giet in die voorbereide pan. Bak 20 minute. Laat afkoel.
9.Vir voorsit: Strooi gerasperde sjokolade bo-oor en sit voor.
(Genevieve Jansen van Vuuren)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SJOKOLADE CHIP KOEKIES

Stel oond op 180 gr C. Room 200 gr sagte margarine, 125 ml wit suiker, 80 ml bruinsuiker, 2 groot eiers en 1 t vanilla geursel. Roer daarby: 2 k bruismeel, kwart t sout en 150 gr donker sjokolade [gekap], of choc-chips. Drup teelepels vol op gesmeerde bakplaat. Bak 15 min tot gaar

 

 

skilpatjies
braai paai
skaap lampotjie
skenkelpotjie
biltongpotjie
vegtariese potjie
mosbeskuit
spinasie tert
mieliebrood souffle
patat brood
marokaanse potjie
hoender vulsel
hoender wors
sjokolade melktert
chock chip
bottom of page