


Beesvleis

GAARMAAK METODES
KLAM HITTE (met vloeistof of bedek)
POTBRAAI
Vir taaier, heel vleissnitte of ontbeende rolle wat meer as 1,5 kg weeg (anders vind te veel inkrimping plaas). Bind die vleis vas met tou om die vorm te behou. Braai die vleis in ’n bietjie olie of botter. Voeg ’n bietjie verhitte vloeistof by, plaas die deksel op, verlaag die hitte en laat prut tot die vleis sag is.
STOWE EN SMOOR
Braai vleisblokkies of porsies in ’n bietjie olie in ’n groot kastrol met ’n stewige basis en skep uit. Braai die uie saam met heel kruie in olie. Voeg die vleis en ’n bietjie verhitte vloeistof by, sprinkle die fyn speserye oor, sit die deksel op en laat prut oor lae hitte tot die vleis sag is. Voeg die groentes sowat 40-30 minute voor die einde by. Smoor is wanneer die vleis van die begin af op ’n bed groente gaargemaak word.
KASSEROL
Braai eers die vleis in die kasserol in olie of botter. Voeg verhitte vloeistof en geurmiddels by. Maak dig toe (met tinfoelie of die deksel) en maak gaar vir die verlangde tyd.
BAKSAKKIE
Vryf die heel vleissnit met geurmiddels, plaas dit in die baksakkie, bind dit toe met tou en prik ’n paar gaatjies in die sakkie. Plaas dit in ’n oondskottel en maak die gereg gaar volgens berekende tyd. Vir taaier heel vleissnitte van meer as 1,5 kg, blokkies, skywe en stukke. Dit word altyd in die oond gedoen. Temperatuur: 160 °C. Tydsberekening: 45-50 minute per 500 g vleis plus 40 minute ekstra.
DROË HITTE
OONDBRAAI
Vir sagte heel vleissnitte van 1,5 kg of meer. Vryf die vleis in met geurmiddels. Plaas dit onbedek op ’n rakkie wat op die oondpan pas. Dit word altyd in die oond gebraai. Temperatuur: 160 °C. Tydsberekening: Liggaar – 15-20 minute per 500 g plus 15 minute. Mediumgaar – 20-25 minute per 500 g plus 20 minute. Ander droëhittemetodes is nie geskik vir die gaarmaak van voorkwartvleis nie, behalwe as jy riboogsteaks wil rooster.
BEES MOSTERD EN ROOIWYN BREDIE
500g beesvleis in vlokkies gesny
30ml koekmeel
30ml kook olie
15ml dijon mosterd
30ml wholegrain mosterd
2 knoffelhuisies fyn gekap
1 ui fyn gekap
15ml tamatie paste
10ml tiemie
1 beef stock pot
375mlrooiwyn+ 250ml water
625 water as jy nie wyn gebruik
2 groot wortels of paar baba wortels
1 selery op gesny
METODE
Meng die vleis met die meel tot goed bedek
maak olie warm en braai die ui sit die vleis
by en braai die vleis ook tot bruin,sit
die mosterd,knoffel,tamatie paste,tiemie en die
stock pot by, meng goed en kook vir 1 min, sit nou
die wyn en water by, dan die wortels maak pot toe
en laat stadig kook vir 45min of tot vleis sag is roer
gereeld geur met sout en pepper na smaak
BEESVLEIS BREDIE
1,2 kg lamskenkel-beesstowevleis, in stukke
1 kg ryp tamaties
65 g tamatiepasta, met water verdun
30 ml olie
10 ml botter
2 uie, grof gesny
5 swartpeperkorrels
5 naeltjies
5 wonderpeperkorrels
5 t (25 ml) fyn koljander
5 ml fyn komyn
2 knoffelhuisies
250 ml kookwater
6 mediumgrootte aartappels, in kwarte gesny
15 ml sout
5 ml gemaalde peper
10 ml suiker
4 vars of 2 droë lourierblare
Opsioneel: skil van 1 lemoen en Biltong
METODE:
Laat lê die tamaties ’n halfminuut in kookwater en laat afkoel in koue water.
Verwyder die skilletjies en kap tamaties op.
Verhit olie en botter in ’n gietysterpot of geskikte swaarboomkastrol en braai vleisblokkies tot goudbruin.
Gooi uie by en verbruin.
Roer peperkorrels, wonderpeper, koljander en komyn by.
Gooi kookwater by en prut ’n uur met deksel op.
Gooi tamaties, aartappel, sout, gemaalde peper, suiker en lourierblare en opsionele lemoenskil by. Stowe nog ’n uur.
Wenk: Om die sous te verdik, vryf 15 ml botter in by 15 ml meelblom. Roer dit by die bredie. Kook tot dik. Voeg Biltong laaste by bo op bredie.
BEESVLEIS KORMA
30 ml (2 e) meel
sout en peper
1 kg beesvleis-ghoelasj-blokkies
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
50 g korma-kerriepasta
15 ml (1 e) suiker
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
400 g (1 blik) klapperroom
100 g groenbone
rys en poppadums vir voorsit
geroosterde neute en gekapte vars koljander vir garnering
METODE:
Plaas die meel in ’n plastieksak, geur met die sout en peper en voeg die beesvleis by. Maak die sak toe en skud om te bedek.
Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en verbruin die vleis klompie vir klompie. Skep in ’n bak uit en hou eenkant.
Verminder die hitte en voeg die ui en knoffel in die kastrol. Kook 5 minute of tot sag terwyl jy af en toe roer.
Plaas die vleis terug in die kastrol. Meng die kerriepasta, suiker en aftreksel in ’n bak en roer by die vleis in. Voeg die klapperroom by en laat prut 1 uur.
Voeg die bone by en laat prut 5 minute.
Sit voor in bakkies met die rys en poppadums en bestrooi met die neute en koljander.
GOULASH
30ml olie
700g steak in blokkies gesny
30ml koekmeel
2 uie
2 knoffelhuisies fyn gekerf
1 green pepper
1 red pepper
50ml tamatie paste
30ml paprika
2 tamaties fyn gekap
300ml beef stock
2 eetl pietersielie fyn gekap
swart pepper
METODE:
Braai uie tot sag sit vleis in en braai bietjie,
Strooi paprika oor en meng
Voeg nou res by behalwe die koekmeel en kook tot vleis lekkersag is op lae hitte
Voeg water of droe wit wyn by indien nodig
Maak die sous dik met koekmeel wat aan gemaak is in n bietjie lou water
BEESVLEIS-POTBRAAI
1kg potbraai beesvleis bv. topside of silverside
botter en sonneblomolie
30 ml koekmeel
500 ml vleisaftreksel
15 ml bruinsuiker
15 ml tamatiesous
15 ml worcestersous
5 ml sout
2 ml mosterdpoeier
knippie peper
Paar geelwortels, in skyfies paar aartappels, gehalveer
METODE:
Braai die stuk vleis vinnig rondom in 'n swaarboompot in bietjie margarien en sonneblomolie tot goed bruin.
Haal vleis uit en gooi die meeste van die vet af.
Roer die meel by die oorblywende vet in die pot en braai dit effens.
Voeg die vleisaftreksel, bruinsuiker, tamatie- en worcestersous, sout, mosterd en peper by en laat opkook.
Plaas vleis in sous in die pot, sit die deksel op en stowe dit ongeveer 2 uur lank tot sag.
Voeg geelwortels sowat 45 minute en aartappels sowat 30 minute voordat die vleis gereed is by.
MURGBENE
Voorgereg by braai.
Besprinkel met sout, swartpeper en suurlemoensap.
Braai stadig oor die kole OF
Sit murgbene in ‘n plat ysterpot pot en gooi water in tot 1/2 pad teen bene op.
Sprinkel gemengde kruie en sout na smaak oor.
Sit deksel op en sit pot oor kole en laat dit half uur tot 40 min stoom.
Sit voor met biltong, varsgebakte brood en room.
SOUSERIGE BEESSTERT
2 kg beesstert (in porsies gesny)
paprika
koekmeelblom
250g swoerdlose spekvleis (in blokkies)
2 groot uie (gekap)
2 knoffelhuisies (gekneus)
60ml tamatiepasta
10ml roosmaryn
500ml droë rooiwyn
410g heel tamaties
250ml vleisaftreksel
sout
vars gemaalde swartpeper
METODE:
Rol beesstert in mengsel van paprika en meelblom. Braai spekvleis in eie vet. Verwyder uit pot en hou eenkant. Giet olie in pot indien nodig en braai beesstert in klompies tot goudbruin. Hou eenkant. Soteer uie in dieselfde pot tot sag en voeg knoffel by. Roer tamatiepasta en roos maryn by en voeg wyn by. Verhit tot kookpunt en skraap boom om deeltjies wat vassit, los te maak. Voeg tamaties en aftreksel by vloeistof en voeg beesstert en spekvleis by. Verhit tot kookpunt, verlaag hitte en plaas deksel op. Laat prut tot vleis sag is, - ongeveer 2 ure. Geur na smaak. Indien verkies kan sous verdik met pasta van meelblom en water.
FILLET MIGNON MET KRUIE
15 ml vars pietersielie, gekap
10 ml tiemie
5 ml roosmaryn
10 ml gerasperde suurlemoen skil
1 knoffelhuisie, fyn gekap
4 bees tenderlion filette ( ± 115 g elk)
sout na smaak
Varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Meng die al die kruie en hou dit eenkant.
Sprinkel die vleis met sout en peper aan beide kante.
Braai die vleis 2 tot 4 minute aan elke kant.
Strooi die kruie bo-oor en bedien dadelik.
COWBOY STEAKS
6 steaks, snit van jou keuse , elk 2,5 cm dik gesny
12.5ml koekmeelblom
25ml sojasous
340ml bier
50ml rissiesous
12.5ml aangemaakte mosterd
2ml Tabascosous
1 middelslag ui, gekap
4 knoffelhuisies, geskap 2 selderystingels, gekap
5ml sout
2ml peper
METODE:
Sny kepies in vetrande van vleisskywe.
Meng alle bestanddele behalwe sout en peper en laat ‘n halfuur lank prut.
Verf sous oor vleis terwyl dit tot die verlangde graad van gaarheid gerooster word. Geur met sout en peper en sit dadelik voor.
WIENER SCNITZEL
4-6 steaks (goed met vleis hammertjie gekap)
koekmeel
sout en pepper
2 eiers geklits met bietjie melk
droee brood krummels
olie om in te braai
METODE
Geur vleis met sout en pepper rol in meel tot bedek
Rol in eier, dan in brood krummels
Bak in vlak olie tot mooi goud bruin
STADIGE GEKOOKTE BEESVLEIS PASTA
500 g “chuck” steak - in blokkies gesny
45 ml koekmeel (3 el)
30 ml olie (2 el)
1 ui - gekap
3 knoffelhuisies - gekap
2 selderystingels - gekap
2 wortels - in skywe gesny
2 takkies tiemie
2 x 410 g blikke heel tamaties
375 ml beesaftreksel (1½ kop)
350 g rigatoni pasta
pietersielie vir garnering
METODE:
Voorverhit oond tot 180 ° C.
Bedek die beesvleis effens met die koekmeel en skud enige oortollige koekmeel af.
Braai die vleis in die olie in ’n oondvaste pot op matige hitte tot bruin.
Verlaag die hitte, voeg die uie en knoffel by en braai 2 minute.
Voeg die seldery en wortels by en braai nog 2 minute.
Meng die tiemie, tamaties en aftreksel by en braai 5 minute.
Plaas in die oond vir 2 uur of tot die vleis sag en die sous dik is.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pak.
Wanneer dit gaar is, voeg by die vleis en meng deeglik.
Garneer met die pietersielie.
GEROOSTERDE BEES KORTRIB
1,5 kg bees-kortrib met bene
takkies vars kruie (tiemie, roosmaryn of salie)
500 ml rooiwyn
olyfolie
6 repe streepspek, gekap
12 baba-uie, geskil
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 selderystele, gesny
1 blik gekapte tamaties
500 ml voorbereide beesaftreksel
2 lourierblare
’n klein bakkie babawortels, of gebruik 4 middelslag-wortels, in ringe gesny
250 g sampioene, gehalveer of in skyfies gesny
30-50 ml koekmeel
125 ml bevrore ertjies
METODE:
Sny enige oortollige vet van die kortribstukke af. Sit dit in ’n bak saam met die kruie en rooiwyn. Bedek die bak en laat dit vir ’n paar uur of verkieslik oornag marineer.
Haal die vleis uit die marinade, maar moenie die marinade weggooi nie.
Druk die vleis droog met kombuispapier. Verhit ’n laag olyfolie in ’n ander kastrol of oondbak. Braai die vleis – net ’n paar stukke op ’n slag – tot dit oraloor mooi bruin is. Skep dit uit die kastrol en hou dit eenkant. Gooi nog ’n bietjie olie in die kastrol en braai die spek. Voeg die baba-uie, gekapte ui, knoffel en seldery by en soteer dit tot dit bruin is. Voeg die tamaties, aftreksel en die wynmarinade by en verhit dit tot kookpunt.
Skep die mengsel in die oondbak. Voeg die vleis en ’n paar takkies vars kruie en lourierblare by. Bedek die bak en sit dit vir twee uur in die verhitte oond.
Voeg ná twee uur die wortels en sampioene by en draai die vleis om. Bedek die bak weer en sit dit vir ’n uur terug in die oond tot die vleis baie sag is.
Meng die meel met ’n bietjie water om ’n pasta te vorm – gebruik ’n bietjie meer indien jy van ’n dikker sous hou. Roer ’n bietjie van die sous by die meelmengsel, en roer dan die meelmengsel by die bak met die vleis. Laat dit prut tot die sous begin verdik. Voeg die ertjies by en laat dit kook tot die ertjies deurwarm is. Geur dit na smaak en sit dit saam met die mosterd-kapokaartappels en geroosterde pampoen voor.
BEESVLEIS BOBOTIE
Dis een van die bekendste geregte en tipies Suid-Afrikaans
Oorspronklik is dit met gemaalde lamsvleis gemaak, maar dis nie meer so maklik te kry nie.
Gebruik gerus gemaalde beesvleis - dit werk net so goed.
1 kg beesmaalvleis
1 dik sny bruinbrood
250 ml melk
2 uie, gehalveer en in skywe gesny
30 ml sonneblomolie
15 ml matige kerriepoeier
10 ml borrie
15 ml fyn appelkooskonfyt
1 eier, geklits
30 ml witwynasynlourierblare
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
EIER BOLAAG:
3 eiers
375 ml melk
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
METODE:
Verhit jou oond tot 180 °C.
Week die bruinbrood tot sag in die melk.
Maak die brood fyn met ’n vurk.
Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin.
Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute.
Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak.
Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by.
Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op.
Sit in die warm oond en bak vir 15 minute.
Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper.
Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor.
Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.
MOSTERD-STEAK
Dis by verre my gunsteling manier om steak voor te berei vir ’n braai.
En die romerige mosterdsous wat bo oor kom, is só lekker, jy sal jou bord wil uitlek!
Onthou net die gulde reël vir steak braai – die vleis moet kamertemperatuur wees voor dit gebraai word en hoe warmer die kole, hoe beter.
1 kg steak van jou keuse - teen kamertemperatuur
30 ml Dijon mosterd
olyfolie
balsamiese asyn
sout en vars gemaalde swartpeper - na smaak
sap van 1 suurlemoen
Smeer die steaks goed in met die mosterd, drup olyfolie oor en laat staan vir 10 minute.
Drup balsamiese asyn oor.
Draai die steaks om sodat albei kante met ’n asyn en olie lagie bedek is.
Sit op die rooster en geur met sout en peper.
Braai vinnig op warm kole tot geseël, draai om en geur aan die ander kant met sout en peper.
Braai tot gaar na smaak.
Verwyder van die kole en druk vars suurlemoensap bo oor uit.
Laat rus die vleis vir 5 - 10 minute.
MOSTERDSOUS
500 ml room
30 ml heel korrelmosterd
20 ml heuning
sout na smaak
Verhit die room, mosterd en heuning tot kookpunt en kook vinnig tot dit met die helfte afgekook is en begin verdik.
Geur na smaak met sout en sit voor met die steak.
ROMERIGE BRANDEWYN EN SAMPIOEN STEAK
4 x 25 mm dik kruisskywe
knyp sout
vars gemaalde swartpeper
150 g botter
200 ml suurroom
3 knoffelhuise, fyn gekap
15 ml gekapte vars gemengde kruie
pakkie gekapte vars sampioene
60 ml brandewyn
20 ml suurlemoensap
METODE:
Meng die bestanddele van die brandewyn-en-sampioenroom saam.
Rooster die vleis oor gloeiende kole tot liggaar, 10-12 minute aan albei kante, of halfgaar, 16-18 minute aan albei kante.
Geur met sout en peper. Verdeel die -brandewyn-en-sampioenroom in vier gelyke dele en skep 'n deel daarvan bo-oor elke vleisskyf.
FEESTELIKE FILLET MET PORT-EN-KAASBOTTER
6 beesfiletskywe, 25 mm dik
sout en varsgemaalde swartpeper
Port-en-kaasbotter
160 g botter (150 ml)
100 g gerasperde Cheddar-kaas (250 ml)
60 ml gekrummelde Blaauwkrantzkaas
30 ml port
30 ml fyngekapte vars pietersielie
METODE
Room botter in voedselverwerker en voeg res van bestanddele geleidelik by. Skep botter op 'n stuk bladaluminium. Vorm in 'n rolletjie, draai toe en plaas in vrieskas. Rooster filet in 'n verhitte roosterpan na smaak: lig gaar 6-8 minute en medium gaar 8-10 minute. Sny botter in skyfies, plaas bo-op vleis.
MOSTERDSKYWE MET KAAS
4x300g kruisskywe, 25mm dik
30ml aangemaakte Engelse mosterd
15ml kookolie
15ml suurlemoensap
10ml vars gekapte kruie
4 dun skywe kaas(Cheddar of Gruyère)
Sny vetkante van skywe in.
Meng mosterd, olie en suurlemoensap.
Rooster skywe 5-6 minute aan een kant oor warm kole, draai om en smeer helfte van mosterdmengsel oor gaar kant.
Rooster nog 5-6 minute.
Draai skywe om en smeer res van mosterdmengsel aan die ander kant.
Strooi kruie oor en plaas ‘n skyfie kaas bo-oor.
BIEFSTUK IN GEURIGE SOUS
700g Tenderised Steak
sout en peper na smaak
rooipeper na smaak
250ml koekmeelblom
30ml olie
2 groot uie, gekap
750ml water
50ml tamatiesous
50ml worcestersous
25ml souspoeier
10ml mielieblom, aangemaak met bietjie koue water
1 blokkie biefekstrak, gekrummel
Voorverhit oond tot 180C.
Geur vleis met sout, vars gemaalde swartpeper en rooipeper na smaak.
Bedek vleis alkante met koekmeelblom en skud oortollige meel af.
Verhit olie in braaipan en braai vleis vinnig bruin.
Skep vleis uit en plaas helfte daarvan in ‘n enkellaag in ‘n oondskottel.
Braai uie oor matige hitte in dieselfde pan tot sag, vir sowat 10-15 minute.
Skep helfte van uie oor vleis in oondskottel.
Plaas laaste helfte vleis op uie en eindig met ‘n laag uie.
Meng die res van die bestanddele en giet oor die vleis en uie in die oondskottel.
Bedek met foelie en plaas in die oond vir ‘n uur + of totdat vleis sag is.