



Hoender
WAT JY MOET WEET OOR HOENDER
In bredie, roerbraai, gebraai of gestoom – hoender se veelsydigheid ken geen einde nie. Trek die vel af, dan is dit ook een van jou goedkoopste keuses as dit by gesond eet kom
BEDEK HOENDER DADELIK OM DIT TEEN BAKTERIEË TE BESKERM
Werd om te weet
1.WEES VEILIG MET HOENDER - Hoender is hoogs bederfbaar en moet daarom met sorg hanteer word. Bakterieë benodig ’n sekere grad van hitte om te vermeerder. Temperature tussen 8 en 75 °C is die gevaarsone. Keer bederf deur kos so vinnig as kan buite hierdie gevaarsone te kry hetsy deur dit te verhit of bo 75 °C warm te hou, of so vining as moontlik te laat afkoel en dan in die yskas te plaas.
2. YSKASMANIERE - Moenie warm kos in die yskas plaas nie – dit maak al die ander kos daarin meer vatbaar vir bakteriese bederf. Bêre rou vleis op die onderste rak van die yskas en gaar kos op die boonste rakke sodat rou kos nie op gaar kosse kan drup nie.
3.GEBRUIK APART - Moenie dieselfde kapbord en mes gebruik waarop hoender gesny is om agterna slaai op fyn te kerf nie. Die slaai kan besmet word met die bakterieë van die rou hoender. Skrop kapplanke en messe in warm seepwater om ontslae te raak van kieme. Was jou hande. (Party restaurante het kleurgekodeerde kapplanke vir rou en gaar kos.)
4. ROU EN GAAR - Moenie gebraaide hoender met dieselfde tang waarmee jy dit uit die marinade gehaal het, van die kole afhaal nie. En moet dit ook nie in dieselfde bak sit as waarin die rou hoender was nie.
PRUTPOT PERI PERI HOENDER (SLOW COOKER)
1 heel hoender opgesny
1 ui gekap[ hier kan jy Groen Soetrissies ook byvoeg ]
1 blikkie gekapte tamaties
1 pakkie Tamatie Paste
1e vars gemmer gerasper
1 Pak Peri Peri Cook in Sauce
2k water
1/2 t sout of na smaak
3 aartappels halfpad gaargekook en in kwarte gesny
2 Wortels in stukkies gesny en half gaar gekook[mic]
METODE
Braai uie, gemmer [skep uit]
Braai jou hoenderstukkies mooi bruin[skep uit]
Braai jou tamaties, en Tamatie paste vir so 1min
Voeg jou uie en gemmer by
Voeg hoender by en roer goed deur
Voeg jou Cook-in-Sauce by
Voeg aartappels en wortels by asook die water
Laat net opkook en skep in jou Prutpot (Slow-Cooker) Stel dit op hoog vir 2h->as die sous te min is na jou smaak gooi nog bietjie water by terwyl dit kook
>N.S dit kan na 1h op Med gestel word vir stadiger kook.
HOENDERLEWERKOEKIES (MET SPINASIESLAAI)
1 ui, gekap
2 wortels, skoongeskraap en gekap
15 g pietersielie
1 eier
2 snye bruinbrood,
korsies verwyder en in stukke geskeur
500 g hoenderlewertjies, afgespoel en skoongemaak
125 ml (½ k) koekmeel
sout en vars gemaalde peper
olie vir panbraai
SOUS:
1 ui, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, gekap
15 ml (1 e) olyfolie
125 ml (½ k) suiker
100 ml asyn
10 ml (2 t) mielieblom, in 15 ml (1 e) water opgelos
SPINASIESLAAI:
100 g baba-spinasie
1 rooi-ui, in skyfies gesny
30 ml (2 e) olyfolie
MAAK SO:
1.Lewerkoekies:
Plaas al die bestanddele behalwe die lewertjies, meel, sout en peper in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk tot fyn gekap en goed gemeng. Voeg die lewer by en verwerk net tot die lewer grof gekap is. Voeg die meel by, geur met die sout en peper en meng goed.
2.Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Skep lepels vol van die mengsel in hopies in die pan. Braai oor matige hitte tot
3.net bruin, draai om en braai verder tot gaar, maar steeds effe pienk van binne.
4.Sous:
Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot sag. Voeg die suiker en asyn by en roer tot die suiker
5.opgelos is. Voeg die mielieblommengsel by en roer tot verdik.
6.Spinasieslaai:
Meng alles.
7.Skep die sous oor die koekies en sit voor saam met die slaai.
"CHICKEN-A-LA-KING"
Resep 1
1k gesnyde sampoene
1klein uitjie gekap
1/4k botter[ margarien]
1k melk
1k hoenderaftreksel
3e meel
sout en peper
3k gekookte, gesnyde gaar hoendervleis
Braai jou sampioene en uitjie liggies in jou botter
Voeg meel by en meng goed
Voeg jou melk en aftreksel by en kook tot dik
Voeg jou Hoendervleis by en maak deur warm
N.S voeg 1/2k gevriesde ertjies by vir kleur .
Resep 2
1 heel hoender
2 uie, gekap
1 groenpeper, gekap
25 ml margarine
100 ml chicken stock
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
1 pakkie hoenderroomsoppoeier
700 ml melk
12,5 ml chutney
10 ml brandewyn of sjerrie (ek sit meer by)
Kook hoender tot gaar. Hou 100 ml chicken stock eenkant. Verwyder vel en bene en sny in blokkies. Gebruik ´n groterige kastrol en braai die uie en groenpeper in die margarien tot sag. Meng chicken stock met sop, melk en chutney en voeg by die uiemengsel. Prut ongeveer 10 min tot die mengsel dik en gaar is. Voeg hoender by en prut ´n paar minute. Roer die brandewyn / sjerrie by en sit warm voor op rys.
Resep 3
1 elk groen en rooi soetrissie - in repe gesny
250 g sampioene - in kwarte gesny
1 rooi ui - in ringe gesny
60 g botter
30 ml koekmeel (2 el)
250 ml melk (1 kop)
60 ml hoenderaftreksel (¼ kop)
sout en peper na smaak
375 g oorskiet gaar hoender - in stukkies gebreek
Braai die soetrissies, sampioene en ui in die helfte van die botter in ’n verhitte pan tot net sag, skep uit.
Voeg die orige botter by, verhit tot gesmelt, verwyder van die hitte en roer die koek meel by, roer tot glad.
Plaas terug op die hitte en laat prut.
Roer die melk en aftreksel by en bring tot kookpunt terwyl geroer word.
Geur met sout en peper.
Roer die hoender by en verhit tot warm.
Resep 4
500g gaar hoender (ontbeen, vel verwyder)
65ml botter
1 groen soetrissie( ontpit, in repies
200g knopiesampioene
60ml koekmeelblom
300ml warm hoenderaftreksel
125ml melk sout
vars gemaalde swartpeper
15ml grasuie (gekap)
2 eiergele
125ml room
Metode:
Sny hoender in stukke en hou eenkant. Verhit botter en soteer soetrissie tot sag, maar nie verkleurd nie. Verwyder uit die pan. Plaas sampioene in pan en soteer oor medium hitte tot sag en glansend. Voeg soetrissie en koekmeelblom by en roer oor lae hitte tot koekmeelblom ingemeng is. Voeg warm hoenderaftreksel en melk by en roer tot glad en verdik. Geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper en voeg grasuie by. Voeg hoender by en verhit deur. Klits eiergele en room saam en voeg bietjie van warm hoenderaftreksel by eiermengsel. Plaas alles terug in kastrol en roer 'n paar minute tot warm. Mengsel mag nie kook nie. Sit voor met rys .
Kikker mayonnaise op met vars, gekapte kruie en ‘n teelepel knoffel en gebruik dit by geregte soos vis of slaai.
HOENDER A LA JENNY
2 hoenders in stukke gesny
1k mayonnaise
1/2k appelkooskonfyt
1 pakkie bruin uiesop
1el koekmeel
1k koue water
Metode
Bak in oond (180) vir 1 uur met deksel op en nog ½ uur sonder deksel.
HOENDER IN ’N DEEGKOMBERS
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
250 g (1 pakkie) sampioene, in skyfies gesny
½ groen soetrissie, in blokkies gesny
45 ml (3 e) koekmeel
375 ml (1½ k) melk
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) room
30 ml (2 e) sjerrie
sout en peper na smaak
4 gaar hoenderborsies, gevlok
KORS
125 ml (½ k) melk
125 ml (½ k) olie
1 ekstragroot eier
250 ml (1 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knypie sout
Stel oond op 180 °C.
1 Verhit olie en soteer ui en pietersielie.
2 Voeg sampioene en soetrissie by.
3 Roer koekmeel by tot bestanddele goed daarmee bedek is.
4 Voeg melk stadig by terwyl geroer word sodat sous vorm.
5 Voeg hoenderaftreksel, room en sjerrie by. Laat oor lae hitte kook tot dik.
6 Geur na smaak met sout en peper. Roer hoenderborsies by.
7 Skep in bak van 25 cm x 35 cm wat met kossproei gespuit is.
8 Deeg Klits melk, olie en eier goed.
9 Sif meel, bakpoeier en sout. Roer meelmengsel by melkmengsel tot deeg vorm.
10 Skep deeg bo-oor hoendermengsel en bak vir 25 minute of tot goudbruin.
APPELKOOS EN MAYO HOENDER
2kg bevrore hoender stukkies
1 pak sampioen soppoeier (of ½ sampioen gemeng met ½ wit uiesop)
Appelkooskonfyt
SOUS:
20ml middelmatige kerriepoeier
450ml mayonnaise
20 ml worcestersous
20ml Wellington Sweet Chilly Sauce
200ml blatjang
Sout en peper
SO MAAK JY:
Stel oond op 180°C.
Rol hoender in soppoeier en plaas in oondskottel.
Sit bietjie appelkooskonfyt op elke stukkie hoender.
Meng res van bestanddele en skep oor hoenderstukke.
Bedek en bak tot sag.
Verwyder deksel en bak tot bruin.
APPELKOOSHOENDER
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
60 ml (¼ k) olyfolie
60 ml (¼ k) suurlemoensap
1 heel hoender, in porsies gesny
sout en peper
50 g botter
8 spekrepe, in stukkies gesny
4 snye witbrood, korsies verwyder en in stukke gebreek
60 ml (¼ k) appelkooskonfyt of kweperjellie
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die olyfolie en 30 ml (2 e) van die suurlemoensap, vryf die hoenderporsies daarmee in en geur met sout en peper.
Smelt die botter in ’n pan en braai die hoender goudbruin. Plaas dit in ’n oondbak en bak 25-30 minute of tot gaar.
Braai die spek in dieselfde pan tot gaar, voeg die brood by en braai tot die spek en brood bros is.
Meng die konfyt en oorblywende suurlemoensap met die spekmengsel en giet oor die hoender. Sit voor met gekookte aartappels en ’n slaai.
BRANDRISSIE HOENDERPORSIES
Genoeg vir 6-8 mense
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
8 hoenderstukke
30 ml (2 e) kerriepasta
15 ml (1 e) olie
1 groen soetrissie, in blokkies gesny
4 sprietuie, gekap
60 ml (¼ k) tamatiepuree
15 ml (1 e) paprika
500 ml (2 k) rys, gekook
1 Verhit die oond tot 200 °C.
2 Sny met ’n skerp mes splete in die hoendervleis. Vryf die kerriepasta oor die hoender en by die splete in. Verplaas na ’n bakplaat en bak 20 minute. Verhoog die hitte tot 220 °C en bak nog 10 minute of tot die vel bros is.
3 Verhit die olie in ’n pan en soteer die soetrissie en sprietuie 3 minute. Voeg die tamatiepuree en paprika by en kook nog 3 minute. Gooi die rys by en roer tot goed bedek. Sit die hoender op die rys voor.
BRANDRISSIE HOENDERBOUDJIES
12 hoenderboudjies
2 t gedroogde brandrissievlokkies,
1 t sout,
half k sterk blatjang,
1 gekapte knoffelhuisie,
2 t mosterdsous,
1 E karringmelk
1 E heuning.
METODE:
Meng saam en gooi oor hoenderboudjies in glasbak.
Laat staan vir 30 minute en plaas in oondbak.
Bak by 180 gr C vir 1 uur tot gaar en bruin.
Bedien met gebakte aartappels en slaai.
BLOUKAAS HOENDER
6 stukkies hoenderfilette ( sonder vel of bene)
500 ml meel ( ek weet dis te veel, maar ek wil nie sukkel nie)
4 eiers liggies geklits – sommer met n vurk
200g broodkrummels ( wat jy koop in die winkel ,gewoonlik daar waar die speserye is)
250ml room
1 driehoekie bloukaas
NOU:
maak drie borde/bakkies in n ry staan.
In die een gooi jy die meel, dan die eiers en dan die broodkrummels
Druk die hoender eers in die meel, dan die eiers en dan in die broodkrummels
Pak dit in n oondvaste bak
Gooi die room oor
Krummel die bloukaas oor
Bak dit by 190 grade Celsius toe met tinfoelie vir 20 minute
Haal die tinfoelie af en bak dit vir nog 20 minute oop
WENK:
Sleep die swartplatboompot nader en maak die gereg daarin, deksel op en kooltjies bo-op deksel. Viola lekker maklik!
BALSEMIEKE HOENDER EN GROENTE
Genoeg vir 12 - 16 mense.
2 kg hoenderporsies
5 aartappels of baba aartappels
1 kg ander groente van jou keuse - sampioene - murgpampoentjies - vlapampoentjies ens
250 ml balsemieke asyn (1 kop)
30 ml olyfolie (2 el)
60 ml heuning (¼ kop)
4 roosmaryn takkies
sout en peper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 ° C.
Pak die hoender, aartappels en die res van die groente in ’n oondbak.
Meng die res van die bestanddele en gooi oor die hoender en groente.
Geur met sout en peper.
Bedek die oondbak met foelie en bak 45 minute of tot die hoender gaar is en die groente sag.
Verwyder die foelie, skakel die roosterelement aan en rooster die hoender tot goudbruin.
Sit voor saam met koring of basmatirys
HOENDER IN BLATJANG
- 9-12 Hoenderporsies
- 1 koppie mayonnaise
- 1 koppie blatjang
- 1 pakkie bruin uie soppoeier
- 300ml water
Oond
Voorverhit oond op 160ºC.
Meng die mayonnaise, blatjang en uie soppoeier goed bymekaar.
Gooi die mengsel oor die hoenderstukke en bak in ‘n toe skottel op 160ºC vir 1 uur.
Verwyder deksel en verbruin.
HOENDER IN SPEK
Vir 8 persone.
HOENDER
8 hoenderborsies - ontvel en ontbeen
8 repe strepiespek
25 ml olie
5 ml gedroogde of 15 ml vars tiemie
5 ml sout
swart peper
15 ml olie - om te braai
KAPOKAARTAPPELS
1 – 1.1 kg aartappels - sag gekook
5 ml sout - en nog na smaak
75 – 100 ml melk
10 ml heelkorrelmosterd
50 ml gekapte vars pietersielie
SOUS
15 ml olyfolie
2 mediumgrootte rooi uie - fyngekap
500 ml rosé, -van jou keuse
30 ml wynasyn met framboossap (of rooiwynasyn)
150 g bosbessiejellie (cranberry jelly)
50 g gedroogde bosbessies (cranberries)
30 – 45 ml bruinsuiker
5 – 10 ml koekmeel
HOENDER
Meng die olie met die tiemie, sout en varsgemaalde peper.
Doop elke hoenderborsie in die mengsel.
Draai dan 'n stukkie spek om elkeen – kyk dat die opdieningskant se spek mooi vertoon.
Jy kan die hoender nou eers in die yskas laat wag, of direk aangaan.
Verhit die olie in 'n groot braaipan, ek gebruik nog olie omdat die spek onder geen omstandighede in die pan moet vassit nie, anders rol dit van die hoender af.
Braai die hoender weerskante om die spek te verbruin en bros te maak.
Plaas in 'n skottel of oondpan.
Bak vir ongeveer 10 minute in 'n oond voorverhit tot 180 ° C.
Dit sal langer of korter duur afhangend van die hoenderborsie se dikte.
KAPOKAARTAPPELS
Wanneer die aartappels sag is, druk dit fyn en meng met die ander bestanddele.
SOUS
Verhit die olie in 'n braaipan, jy kan die hoender se braaipan ook gebruik en braai die gekapte uie vir ongeveer 5 minute om effens te versag.
Voeg die rosé en asyn by.
Bring tot kookpunt en kook vinnig vir nog 5 minute.
Voeg die bosbessiejellie, bosbessies en bruinsuiker by.
Kook nog 10 minute, dit moet lekker vinnig kook.
Ek hou daarvan om my sous met 'n bietjie koekmeel te verdik – meng so teelepel meel met 'n bietjie water tot 'n pasta – gooi van die warm sous by – gooi by die sous in die pan en kook nog 5 minute om te verdik.
Die sous is effens soet en effens wynerig – dit hang egter alles af van die suikerinhoud van jou rosé, daarom begin ek eers met minder jellie en suiker en voeg nog by soos benodig.
Proe tot dit vir jou lekker smaak!
HOENDER IN PEKELWATER
2 kg hoender stukke of 2 heel hoenders
1/2 k sout
1 k suiker
1 en n half L water
6 t Crown National “Six Gun Grill Spice”
Meng tot opgelos. Marineer hoender vir 4 ure. Braai op rooster tot gaar.
Heerlik proe soos BBQ Hoender
GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER
Genoeg vir 4 mense
250 g broccoli
15 ml (1 e) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
6 gaar hoenderborsies, in stukke gesny
SOUS
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ k) mayonnaise
15 ml (1 e) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper
1. Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
2. Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
3. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
1. Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
2. Sit die hoendermengsel in ’n groot oondbak en giet die sous oor.
3. Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar
BROCOLLI HOENDER
1 hoender
1½ liter water
½ koppie Worcestersous
½ koppie asyn
hoenderspeserye
sout en peper
2 koppies gaar rys
1 vars kop broccoli
1 x 410g blik fyn pynappel, met sap
1 pakkie bruin/wit uie soppoeier
1 koppie hoenderaftreksel
½ liter melk
1 koppie gerasperde kaas
paprika
Kook hoender gaar in kastrol met die water, Worcestersous, asyn en speserye.
Haal hoender uit kastrol en verwyder die bene.
Breek die broccoli blommetjies af en kook vir 5 minute in die orige hoenderaftreksel in kastrol.
Sit rys onder in 'n vuurvaste bak, bedek met hoenderstukkies en dan die broccoli.
Verhit pynappel in kastrol met 'n koppie hoenderaftreksel, melk en uie soppoeier.
Laat dit prut tot dit dikker word.
Voeg oor hoender.
Strooi kaas oor en 'n bietjie paprika.
Bak teen 180 grade vir 30 minute.
HOENDER MET BROCCOLI
- 500g Hoender
- 600g Broccoli
- 1 blik Sampioenroomsop
- 250 ml Mayonnaise
- 5 ml Suurlemoensap
- 5 ml Kerriepoeier
- 260 g Cheddarkaas
- 2 Snye brood
- Sout en peper na smaak
Oond en Stoofplaat
Kook die hoender en sny dit in stukke.
Voorverhit oond tot 180°C.
Kook die broccoli in soutwater en breek dit in stukkies.
Meng dan die hoender en die broccoli, en plaas dit in 'n oondvaste bak.
Meng die sop, die kerriepoeier, die suurlemoensap en die mayonnaise saam.
Gooi die bogenoemde mengsel oor die hoender en die broccoli.
Rasper die kaas en die brood, en meng dit goed.
Sprinkel bo-oor die gereg en stip dit met botter
Bak vir ongeveer 30 minute of tot dit borrel.
HOENDER EN BROCCOLI GEBAK
4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny
sout en peper na smaak
1 groen of geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
olie
500 g broccoli-blommetjies
45 ml (3 e) botter of margarien
50 ml (10 t) koekmeel
10 ml (2 t) Dijonmosterd
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoender met sout en peper en braai saam met die soetrissie en ui in ’n bietjie olie tot bruin.
Skep in ’n oondvaste bak en voeg die broccoli by.
Smelt die botter of margarine en roer die koekmeel by tot glad. Roer die mosterd by. Geur met sout en peper. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word en die sous kook. Voeg die helfte van die kaas by.
Giet die sous oor die hoender, sprinkel die res van die kaas oor en bak sowat 20 minute of tot die kaas gesmelt en effens verbruin het.
GEVULDE HOENDERBORSIES
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
4 hoenderborsies, ontbeen
sout en peper
25 ml (5 t) songedroogde tamatiepesto
60 ml (4 e) gerasperde mozzarella
8 repies spekvleis, gehalveer
125 g babaspinasie, gaar gestoom of vars
Vlek die borsies oop en geur alkante met sout en peper.
Smeer die pesto oor die oopgevoude binnekant van elke borsie.
Sprinkel 15 ml (1 T) kaas oor die pesto van elke borsie.
Vou die borsie weer toe.
Draai die spek om die borsies.
Bind vas met tou.
Braai die hoenderborsies in olie tot gaar.
Sit voor met spinasie.
WENK: Die borsies is gaar wanneer ’n klein snit gemaak word en die vleissappe helder is en nie meer pienk nie
ROMERIGE HOENDERBORSIES
VULSEL
1 ui, fyn gekap
Sap en skil van een suurlemoen
Vars kruie soos basielieblare, pietersielie of grasuie
200 g feta kaas
Sout en varsgemaalde swartpeper
HOENDER
8 groot hoenderborsies met vel
30 ml (2 tbsp) olyfolie
SOUS
250 ml (1 k) gewone jogurt
250 ml (1 k) mayonnaise
Zest van 2 suurlemoene
80 ml vars suurlemoensap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
VULSEL
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak.
Meng die bestanddele vir die vulsel.
HOENDER
Lig die vel op en druk van die vulsel onder die vel, steek die vel vas met ‘n tandestokkie.
Geur die hoender met sout en peper.
SOUS
Meng die bestanddele vir die sous en hou eenkant.
Verf die hoender met die olyfolie en rangskik dit in die voorbereide oondbak.
Skep die sous bo-oor, bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute, verwyder die foelie en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar en goudbruin.
Skep die hoenderborsies uit en kook die sous tot verdik.
Sit voor saam met rys en slaai.
HOENDER MET PESTO EN MOZZARELLA
• 4 ontbeende hoenderborsies, waarvan die vel verwyder is
• gekoopte pestosous
• 1 dik stuk mozzarellakaas per hoenderborsie
• 12 repies repiespek
• tandestokkies
• olyfolie
Plaas ’n hoenderborsie tussen 2 lae kleefplastiek en slaan dit met ’n koekroller plat. Ek weet dis terapeuties ná ’n slegte dag, maar moet nou nie die hoender so plat soos ’n pannekoek slaan nie. Smeer sowat 1 teelepel pesto oor die hoender en sit ’n stuk mozzarella in die middel. Rol die hoender toe en maak toe met die spek. Steek met tandestokkies vas en sorg dat veral die kaas toe is. Gebruik ’n pan wat jy in die oond kan sit en braai die hoender tot bruin. Sit die pan in ’n voorafverhitte oond van 180 °C vir ’n verdere 10 minute tot gaar.
GEVULDE HOENDERBORSIES
Genoeg vir 4.
4 ontbeende hoenderborsies sonder vel
1 dik sny mozzarella kaas
4 dun snye ham
sout en varsgemaalde swartpeper
100 ml droë broodkrummels
100 g parmesaan kaas - fyngerasper
2 eiers - geklits
sowat 60 ml olyfolie
15 ml olyfolie
400 g klein rosa tamaties - gehalveer
1 knoffelhuisie - fyngekap
100 g ontpitte swart olywe
40 g vars roket
Verhit oond tot 180 ° C.
Sny aan die dik kant van elke hoenderborsie ’n diep keep.
Druk ’n sny kaas in en dan ’n sny ham.
Maak toe en geur met sout en peper.
Meng broodkrummels en kaas in ’n bak.
Doop hoenderborsies in eier en rol dan in krummelmengsel.
Gooi helfte van 60 ml olie in oondbak en plaas hoenderborsies in oondbak.
Sprinkel res van olyfolie oor en plaas in oond.
Oondrooster vir sowat 30 minute.
Verhit die 15 ml olyfolie in pan en voeg tamaties en knoffel by.
Braai tot sag.
Geur met sout en peper.
Voeg olywe en roket by.
Braai tot roket verlep, skep op bord en plaas hoenderborsies bo op
HOENDERBORSIES
6 ontbeende hoenderborsies
250g sampioene, opgekerf
6 vars basilliekruidblare, gekap
hoendergeursel na smaak
250g spek
12 klein aartappels
250g botter
sout en swartpeper na smaak
500ml room
2 teelepels parmesaankaas, gerasper
50g bloukaas
250ml witwyn
olyfolie
tandestokkies
Metode
Sny hoenderborsies halfpad oop, stop met opgkerfe sampioene, basilliekruidblare en hoendergeursel. Draai die hoenderborsies toe met spek. Steek die spek vas met die tandestokkies. Verhit ‘n bietjie olyfolie in ‘n pan en braai die hoenderborsies vir sowat 10minute tot mooi bruin. Kook aartappeltjies in hul skil tot sag. Plaas stukkies botter, sout en peper op die aartappels. Braai res van sampioene in ‘n bietjie botter. Voeg die room, witwyn en kase by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Plaas die hoenderborsies bo-op die aartappels en gooi sous oor. Sit warm voor.
HOENDER IN COKE
1 kg hoenderstukke (boudjies, vlerkies, dye)
Marinade
60 ml (¼ k) sojasous
60 ml (¼ k) bruinsuiker
30 ml (2 e) bruinasyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
340 ml-blik Coke
roosmaryntakkie of enige ander vars kruie
Metode
1. Meng al die marinade-bestanddele saam. Giet oor hoenderstukke en marineer vir omtrent 1 uur in yskas.
2. Plaas hoender in ’n swaarboomkastrol en kook vir ongeveer 45 minute in die marinade. Draai hoender gereeld om.
3. Skep die meeste van sous af en braai die hoenderstukke in die laaste bietjie marinade tot goudbruin. Sit warm voor met ’n stysel of groente na smaak.
LIPLEKKER HOENDERPOT
250 ml vars room
2/3 groot uie
1pk hoender (1kg pak)
8 med aartappels
500g gemengde groentepak
500ml lemoensap
1pk heuning en mosterdsous (cook-in-sauce)
Braai uie tot bruin,voeg hoender by en braai tot ligbruin.
Voeg aartappels, groente en bietjie water by. Voeg sap en room by. Voeg soos laaste by.
Laat oor matige hitte prut.
HOENDER MET COKE EN RYS
800g braaipak-hoender
2 blikkies Coke
Soja-sous
Gouestroop
Geur hoender met sout, peper en hoenderspeserye.
Sit dit in platboompot of braaipan.
Gooi Coke oor en kook stadig met deksel op.
Wanneer sous byna weggekook het, sprinkel sojasous en gouestroop oor.
Draai gereeld om totdat dit bruin en taai is.
Rys om saam te eet
Gaar rys
Ui, opgekap
Olyfolie
Sojasous
Rysspeserye
Soetrissie
Sampioene
Braai ui, soetrissie en sampioene in olyfolie.
Voeg speserye by.
Meng alles met gaar rys en voeg sojasous by.
KAAS HOENDER & NOEDELS
1 Pakkie Romerige Sampioene Soppoeier (Creamy Mushroom Soup).
600 Ml Melk.
1 Kg Hoenderstukke, Gekook, Ontvel, Ontbeen & Fyngemaak.
100 G Kaas, Gerasper.
150 G Rou Noedels, Gekook En Dreineer
Metode:
Meng Soppoeier En Melk In 'N Pan. Bring Tot Kookpunt; Roer
Aanhoudend. Voeg Die Fyngemaakte Hoender En Die Helfte Van Die Kaas By Die Soppoeier- & Melkmengsel. Voeg Dan Die Noedels By En Meng Goed. Speserye Na Smaak. Gooi Die Mengsel In 'N Oondbak;
Gooi Dan Oorblywende Kaas Bo-Oor En Bak Vir 20 Minute teen 180˚ C.
MAYONNAISE & CHUTNEY HOENDER
Bestanddele:
1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout
Metode
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in 'n oondbak en geur liggies met sout. Meng die uiesop-poeier met die warm water. Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.