



Potjiekos
POTJIEKOS
Aangehaal uit die boek van Dine van Zyl : Die geskiedenis van potjiekos in Suid-Afrika
“Potjiekos is kuierkos. Dis n vuurtjie en n driepootpot. n Paar
stukke vleis, groentetjie, spesrye of drie. En n skoot wyn
vir die geur. Potjiekos is saamweeskos met n paar vriende en
n paar bottels wyn. Dis n gemoedelike saamsit, saamgesels en
saam doen. Die een skil die aartappels, die ander sny die vleis
en nog een krap n paar koletjies onder die pot se pensie.
Ander gee raad van die kant af of geniet sommer van die
geselskap. En dan, na n paar uur van stadig prut en van
goeie wyn drink, word die deksel opgelig. Die geure het
nou tot heerlikheid getrou. Die sous lê mooi dik in die pot.
Die vleis voel al lekker sag. Die mense skuif nog n bietjie
nader, snuif-snuif die warm walms. En so kry elkeen n beurt
met die langlepel om vir hom/haarself te skep. En na die
eerste uitroepe van genot is daar n besige stilte van lekkerkry.
Dit is potjiekos!”
Potjiekos is 'n verwysing na 'n eg Suid-Afrikaanse kooktegniek wat 'n ysterpot as hoofkookinstrument gebruik.
Die ysterpot is ook bekend in ander dele van die wêreld as 'n dutch-oven, en word ook ysterpot, swart pot of net potjie genoem. Die pot word gemaak uit gietyster en het 'n los
deksel. Daar is verskillende groottes wat begin by ¼ tot so groot as nommer 25. Vir die gemiddelde gesin van 4 tot 6 mense is 'n nommer 3-pot voldoende. Die pot is verkrygbaar
met 'n ronde bodem met drie pote, of met 'n plat bodem sonder pote.
Potjiekos kan jy die beste buite oor n "koel oop" vuur klaarmaak. Maar n mens kan ook houtskool gebruik in die plek van hout. (selfs ook op die braaivleisrooster as dit nie anders kan nie) As jou pot eenmaal goed warm is, is maar n stompie of takkie of so nodig om jou potjie goed te laat aanstap. Hulle sê as jy so 2 meter van die potjie staan moet jy hom baie saggies hoor praat. Dan weet jy dat hy nie te hard of te sag gesels nie.
KLUITJIES IN JOU POTJIE
250 ml bruismeel,
5 ml sout,
30 ml botter,
10 ml gekapte pietersielie,
water om te meng.
Sif meel en sout, vryf botter in
Voeg pietersielie by en maak aan met water om sagte deeg te maak wat jy kan skep.
Skep lepelsvol op potjiekos, sit deksel op en prut 30 min sonder om deksel te lig
AFVAL
1 skoongemaakte en ontbeende skaapkop
(die harsings moet uit die kopbeen gehaal en in die blaarpensie toegedraai en vasgebind word)
1 skaappens, silwerskoon en in repe of blokkies gesny (behalwe die blaarpens wat vir die harsings gehou word)
4 skaappootjies, goed skoongemaak en die kliere tussen die kloutjies verwyder
1 kleinerige skaapnek, in 2 gesny
1 groot
ui, in ringe gesnysout na smaak (afval moenie te sout wees nie)
grof gemaalde swartpeper
sowat 5 ml grof gemaalde of gestampte koljander
knippie vars gemaalde neutmuskaat
6 middelslag aartappels, geskil
METODE:
Sit al die bestanddele, behalwe die aartappels, in 'n swaarboomkastrol en gooi sowat 2 koppies water by.
Kook stadig op die stoof. Onthou, die afval sal lank neem.
Sorg dat die watervlak reg is - jy wil genoeg water hê om die afval sag te kook, maar nie sop maak nie.
Sit die plaat ná 1½ uur af en laat die afval afkoel.
Proe en geur met sout indien nodig.
As jy kerrie-afval wil maak, braai 15 ml kerriepoeier en 15 ml borrie vir 1 minuut in ’n bietjie olyfolie.
Gooi 125 ml kookwater by, meng goed en voeg by afval.
Roer goed deur. Sit die afval terug op die stoof en kook verder tot sag.
Hou die watervlak dop - dit moet lymerig wees.
Kook intussen die aartappels halfgaar en wanneer die afval sag word, sit die aartappels bo-op en kook saam vir minstens 10-15 minute.
Skep die afval in 'n plat oondbak en sit vir 10-15 minute in 'n warm oond teen 180 °C om mooi bruin te word.
Die geheim is om die afval te laat rus tydens die kookperiode, m.a.w. kook die eerste fase vandag en die laaste fase môre.
BEESSTERT POTJIE
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout 1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groenertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
METODE:
Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie.
Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur.
Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by.
Daarna n laag botter-boontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe.
Maak pot toe en prut vir ± ¾ uur.
Maak kluitjies en pak bo-op.
Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig
SOUSERIGE BEESSTERT POTJIE
Olie
2 groot uie geskil en in ringe gesny
koekmeelblom
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1.7 kg beesstert, in stukke gesaag
250-500ml(1-2kop) kookwater
60 ml (¼kop wit druiwe-asyn
60ml (¼ kop) bruinsuiker
5 middelslag geelwortels skoongeskraap
4 groot aartappels, geskil en halveer
1 pakkie (50gr) beesstert soppoeier
50ml gekapte vars pietersielie
METODE:
Verhit ' n bietjie olie in die swartpot en braai die uie daarin tot sag.
Meng die koekmeelblom, sout en swartpeper. Rol die beesstersstukke in die gegeurde meel
tot dit goed bedek is.
Braai 'n paar op 'n slag in verhitte olie tot bruin.
Giet net genoeg kookwater by om die beesstert te bedek.
Voeg die asyn en bruinsuiker by en laat die vleis 2-3 ure prut tot dit amper sag is.
Voeg nog kookwater by, indine nodig.
Voeg die geelwortels en aartappels by en laat prut tot die groente en die vleis sag is.
Voeg die helfte vd soppoeier by (maak pasta met water) e nprut tot die sous effe verdik het.
Voeg nog soppoeier by indien nodig. Geur met nog sout en peper, indien nodig, en strooi net voor opdiening die pietersielie oor.
HOENDERPOTJIE
Jy het nodig (vir 4 porsies):
2 uie, geskil en gekap
2 eetlepels olie
1 heel hoender, in porsies gesny (of 8 hoenderborsie of -dye).
As jy wil, kan jy dit ontbeen en selfs die vel verwyder as jy bekommerd is oor jou figuur.
2 koppies kookwater
5 patats, geskil en in dik skywe gesny
5 wortels, geskil en in dik skywe gesny
2 aartappels, geskil en in dik skywe gesny
1 koppie droë witwyn
2 teelepels sojasous
50 g tamatiepuree
2 eetlepels bruinsuiker
sout en peper na smaak
Dan maak jy só:
Laat hom tan. Verhit die olie in ’n swartpot en braai die uie tot sag.Voeg die hoenderporsies by en braai tot bruin.
Vir ’n bietjie vitamiene. Gooi ’n koppie van die water by en roer deur sodat jy kan seker wees daar is vloeistof onder in die pot.
Meng die groente en pak dit op die hoender.
Laat los nou. Meng die res van die water en die witwyn en sojasous met die geurmiddels en tamatiepuree, en gooi dit oor die groente.
Sit die deksel op en laat vir ’n uur of twee oor lae hitte prut totdat dit sag en geurig is.
Oortree maar die reëls. Kyk gedurig dat dit nie droogkook nie en voeg ’n bietjie water by indien nodig.
(Die kenners sê ’n mens mag glad nie ’n potjie roer nie, maar wie hou nou daarvan om voorgesê te word?)
HOENDER - MAC EN KAAS POT
BESTANDELE:
2kg Pak hoender,
1 Pakkie Mushrooms,
1 x Groot ui, Knoffel,
1 x Pakkie Hoendersoppoeier
1 x Pakkie Mushroomsoppoeier,
1 Pak Macaroni,
300g Cheddarkaas Gerasper,
100ml Kookolie
METODE:
Voorverhit kookolie in driebeenpot oor die vuur, braai die uie in ringe gesny tot bruin.
Skep uie uit, verbruin die hoender en ¼ teelepel fyn knoffel, sodra bruin voeg water by ± 1 liter, kook hoender verder tot byna gaar met aromat en peper na smaak, voeg dan pak Macaroni by kook tot gaar die pot moet baie vog op hierdie stadium bevat.
Voeg nou die mushroom, kaas en gebraaide uie terug in die pot.
Die pot se hitte moet laag wees wanneer die kaas ens bygevoeg word. Meng die twee pakkies soppoeier in ongveer 500ml koue water en voeg in pot. Laat die soppoeier deur kook en geniet ’n heerlike ryk hoenderpot!
Bedien saam met slaai en/of tuisgebakte brood of roosterkoeke.
LAMPOTJIE MET KLUITJIES
(6 – 8 porsies)
60 ml olyfolie
6 knoffelhuisies, gekap
1,2 kg kort lamskenkels
500 g baba-uie, geskil
60 ml tamatiepasta
30 ml fyn koljander
20 ml komynsade
10 ml paprika
30 ml droë roosmaryn
2 x 400 g-blik kersietamaties
500 ml rooiwyn
400 g baba-aartappels
400 g babawortels
sout en varsgemaalde swartpeper
KLUITJIES
125 ml botter
140 g (250 ml) bruismeel
200 ml water
METODE:
Verhit olyfolie in swartpot. Voeg knoffel en lam by. Braai vinnig tot goudbruin, sowat 5 – 8 minute. Voeg uie en tamatiepasta by. Braai vir nog 5 minute. Voeg koljander, komyn, paprika en roosmaryn ook by en braai vir 2 minute. Voeg tamaties en wyn by. Sit deksel op en laat stadig prut vir sowat 90 minute. Voeg
nog water by indien vloeistof begin wegkook. Voeg aartappels en wortels by. Laat weer stadig prut vir sowat 30 – 45 minute of tot aartappels sag is. Geur met sout en swartpeper. Maak kluitjies só Vryf botter en meel met jou vingerpunte tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg genoeg water by sodat ’n stywe deeg vorm. Haal deksel van pot af en skep lepels vol deeg bo-op bredie. Sit deksel terug en laat stoom vir sowat 30 minute tot kluitjies gaar is.
SKAAPNEK POTJIE
Hierdie is 'n resep vir gesellig kuier wanneer almal in 'n gemoedelike stemming is, soos wanner die BOKKE teen 'n mindere span soos WALLIS speel.
BESTANDDELE:
Skaapnektjops, volgens behoefte.
2 Groot Uie, in skywe gesny.
2 Pakke Knopie Sampioene.
Groenboontjies, in stukke gesny ('volstruiskos' volgens my ma).
Geelwortels, ditto.
4 Groot Artappels, gehalveer.
'n Halwe hand Roosmaryn.
'n Goeie knyp Oreganum.
Growwe Peper, varsgemaal.
Sout.
4 Lourierblare.
'n Halwe bottel Soja Sous.
2 Skeppe Botter.
6 Bottels Rooiwyn (minimum).
METODE:
Net voor die afskop steek jy die vuur aan. Dit moet goeie vuurmaakhout, verkieslik Hardekool wees, maar afhangend van waar jy jou bevind, sal kameeldoring, wingerdstompie of mieliestronke ook deug.
Maak 'n bottel rooiwyn oop, en geniet die rugby. Rustyd sit jy die pot op die vuur, en stook hom nog 'n bietjie. Maak die 2de bottel oop (die 3de as die Bokke goed voor is). Na die wedstryd skuif julle vuur toe, en maak die volgende bottel oop. Bespreek die wedstryd.
As die bottel klaar is, skree jy vir vroulief om die volgende een, asook die vleis, botter, 'n handvol uie en die roerlepel te bring. Sit bestanddele in die pot, en roer vinnig. Druk nou jou hand in yswater, want jy het vergeet om te sê sy moet die vatlappie saam bring. Drink nou die volgende bottel, terwyl die vleis kookbraai in sy eie sous. Roer so nou en dan sodat hy nie aanbrand nie.
As die bottel klaar is, gaan haal jy self die volgende een, en die res van die bestanddele. Vra vir vroulief of sy 'n ou potbroodjie of 'n rysie gaan maak. Ignoreer haar kyk. Pak nou die sampioene, wortels, boontjies en uie in lae op die vleis. Strooi die speserye oor. Pak die artappels bo-op. Gooi die sojasous en 'n halwe bottel wyn by. (Jy kan bokswyn ook gebruik, maar oppas vir een wat jou vrou 'n jaar lank in 'n kas laat staan het - 'n ou mors nie goeie asyn nie, vra my!). Gooi sout en peper, en plaas die lourierblare op. Kuier rustig voort, maar luister vir daai pot - hy moet met jou gesels. 'n Stil pot beteken hy is besig om te brand, of daar gaan bokkerôl aan. MOENIE ROER NIE!
As die laaste bottel klaar is, behoort die pot gaar te wees, en jy ook. Nou kan julle maar skep.
(As almal intussen aan die slaap geraak het, kan jy hom laat oorstaan tot die volgende oggend - dan sal hy éérs lekker wees!)
PAARLSE KERRIE-POT
(Wenk: Die basis van enige goeie kerrie, ‘n ordentlike Kerriepoeier.
Koop dan gerus heel speserye en maak jou eie kerriemengsel. Die bestanddele kan of in ‘n vysel en stamper
fyngemaak word, of in ‘n koffiemeul.)
Bestanddele vir kerrie-poeier
2 eetlepels koljandersaad
2 eetlepels komyn
2 eetlepels kardomomsade
3 kaneelstokkies
1 teelepel naeltjie
gemaalde neutmuskaat
4 droë rissies (as jy dit nie die hande kan kry nie, gebruik een
eetlepel rissiepoeier)
1 teelepel swatpeper
Metode:
Voeg by die fyngemaalde mengsel 'n teelepel borrie, asook 4
heel steranys-sade.
Res van die bestanddele:
4 heel lamskenkels, (die van die boude of jou keuse van snit)
1 groot fyngekapte uie
3 fyngekapte wortels
1 bos seldery, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 vars gemmer (ongeveer 3 sentimeter lank geskil en
fyngekap)
1 blik tamaties
175 ml gewone jogurt
175 ml klappermelk
3 piesangs opgekap
baba-wortels
baba-aartapels, geskil
sout vir smaak
meel vir poeier
Metode:
Vryf 'n bietjie kerrie-poeier oor die skenkels en poeier hulle dan met die meel.
Gooi ongeveer 'n kwart koppie olie in die pot en laat dit goed warm raak.
Plaas die skenkels versigting in die olie en laat dit mooi bruin word aan beide kante.
Wanneer hulle goudbruin is, voeg die fyngekapte groente by, sowel as die knoffel en gemmer. Na so twee minute se braai, voeg twee eetlepels kerriepoeier by en meng alles goed saam in die pot.
Die rede waarom die kerriepoeier eers 'n bietjie gebraai word ,is dat dit die geure van die kerrie uitbring.
Na nog twee minute kan die tamaties, yogurt, klappermelk en piesangs bygevoeg word..
Roer als goed saam en plaas die deksel op.
Laat dit nou prut,nie te stadig nie en ook nie te vinnig nie.
Na 'n uur kan die wortels en aartappels bygevoeg word en gee alles weer 'n goeie roer.
'n Bietjie sout na smaak word nou bygevoeg. Jy kan nou ook proe en as jy dink die kerrie moet 'n bietjie sterker wees, kan jy nog so 'n eetlepel kerriepoeier byvoeg.
As dit lyk asof daar nog vloeistof moet bykom, gooi net 'n bietjie water by.
Na nog 'n uur se prut behoort die skenkels sag te wees en die pot vir opdiening..
Opdiening:
Bedien rys of vars gebakte brood hierby, met sambal wat gemaak is van fyngekapte tamatie, uie en komkommer wat gesprinkel is met 'n bietjie asyn. Strooi 'n goeie handvol vars,gekapte koljanderblare vir garnering.
SKENKELPOTJIE
Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie.
- 2 kg lamskenkels
- sout en swartpeper na smaak
- 4 medium uie – opgekerf
- 4 knoffelhuisies – fyn opgekerf
- 2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties
- 1 x 410gm blikkie “chick peas”
- 1 x 115gm blikkie tamatiepasta
- 1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny (Na gekerf moet dit ongeveer 800gm weeg)
-'n koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water
- ½ koppie rooiwyn
- 2 teelepels komyn
- 2 teelepels gemaalde koljander
- 2 eetlepels heuning
- 6 lourierblare
- 3 eetlepels witmeel
- kookolie
YsterPot
Voeg ‘n bietjie olie in die ysterpot en braai die vleis tot ligbruin.
Sout en peper die vleis en voeg ongeveer 400ml water by.
Kook die vleis oor matige kole vir ongeveer 'n uur en 'n half.
Terwyl jy wag vir die vleis, braai die uie saam met die komyn en koljander tot dit effe bruin is. (in ‘n dikboom pan).
Voeg die knoffel by en braai nog 'n bietjie.
Meng stadig die beesaftreksel, tamatiepuree, heuning, wyn en tamaties in en strooi die meel oor terwyl jy aanhou roer.
Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.
Nadat die vleis 'n uur en 'n half gekook het, meng die inhoud van die pan met die vleis en plaas die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis.
Sout die potjie liggies en kook vir nog ongeveer 30 minute.
Roer liggies en bedien.
JOHAN SE HOENDERPOT
As daar nou een wenner is, is dit die hoenderpot
Bestandele:
Hoender dye
Uie
Olie
Groente in growwe stukke gesny
1 liter 100% lemoensap
470 gram Mrs Balls Blatjang
sout
Metode:
Braai die uie in olie in ‘n swart pot tot lekker bruin. Skep die bruin gebraaide uie uit en braai dan die hoender dye bruin in die swart pot.
Voeg die lemoensap en blatjang by en kook fluks vir twee ure of tot sag. Voeg die uie en dan die groente by. Kook vir ongeveer 1 uur
stadig tot die groente sag is en die sous deur gekook het.Hou die pot nat.
Vir ‘n lang sous rasper so twee aartappels in wanneer die groente bygevoeg word.
Sout na smaak.
HOENDER-EN-ASPERSIEROOMPOT
50 ml olyfolie
15 ml gekapte knoffel
50 ml brandewyn
250 g spekvleis, gekap
2 uie, in ringe gesny
3 selderystingels, in dun skyfies gesny
250 g gekleurde skroefnoedels
15 klein aartappels, geskil
1 rooi soetrissie, in repe gesny
1 geel soetrissie, in repe gesny
250 g knopiesampioene, heel
250 ml gerasperde chedderkaas
Sous
410 g aspersiestukke met vloeistof (1 blik)
250 ml vars room 750 ml witwyn
46 g sampioen soppoeier (1 pakkie)
30 ml aromat
30 ml gemengde gedroogde kruie
5 ml knoffelsout
2 ml varsgemaalde swartpeper
Metode
Verhit die olie oor matige kole in die pot. Voeg die hoenderstukke by en verbruin dit.
Voeg die knoffel, brandewyn en spekvleis by en roerbraai dit 5 minute lank.
Strooi die ui, seldery en noedels oor die hoender. Voeg die aartappels, soetrissie en sampioene by.
Strooi die kaas bo-oor.
Meng die bestanddele vir die sous deeglik en giet dit oor.
Bedek die pot en laat dit prut vir 60 tot 75 minute lank oor matige kole.
Moenie die potjie roer nie.
Roer dit deur net voor bediening.
BOEREWORSPOT
30 ml olyfolie
1 kg boerewors (bees of vark of soos verkies)
30 ml botter
2 medium uie, in ringe gesny
2 huisies knoffel, gekneus
6 geelwortels, geskraap en in repies gesny
15 ml koekmeel
600 ml beesvleisaftreksel
30 ml rooi wyn
10 ml tamatiepuree
7,5 ml mosterdpoeier
'n skeutjie Worcestersous
5 ml gedroogde tiemie
vars gekapte pietersielie
Verhit olie in 'n groot pan of pot en braai vleis daarin vir sowat 10 minute. Lig uit en hou eenkant op kombuispapier.
Plaas helfte van botter, ál die uie, knoffel en wortels in die pot.
Kook vir vyf minute oor medium hitte en gebruik 'n houtlepel om die boom van die pot liggies te skraap sodat alle stukkies gebraaide vleis met die groente meng.
Roer meel by en prut sowat 'n minuut. Voeg die aftreksel geleidelik by en dan die res van die bestanddele - behalwe die pietersielie.
Prut vir vier tot vyf minute.
Skep wors terug in pan en prut 'n verdere 10 minute.
Indien nodig, verdik sous met 'n pasta van koekmeel en botter (dan maak dit nie klonte nie).
Sprinkel pietersielie oor en sit voor met pasta of aartappels.
PENS-EN-POOTJIES
1 x skaapkop, oopgekap en harsings uitgeskep
1 x skaappens skoongekrap
1 x skaaptongetjie ontvel
4 x skaappootjies
1 x skaapnek in skywe gesny
2-3 heel uie sout -en - peper, kerriepoeier na smaak
125ml suiker (verkieslik bruin)
1 x knoffelhuisie fyngedruk
sonneblomolie
250g droë appelkose
500ml "Old Brown Sherry"
10ml bruin asyn
8-10 klein in die skil aartappels
Metode:
Gebruik 'n #3 pot
Soteer uie tot deurskynend bruin , verwyder uit potjie.
Bind uitgeskepte harsings in "kleinpensie "toe maar voeg genoegsame sout en peper by.
Plaas die "sakkie"in die pot tesame met die kop , pens en pootjies.
Rangskik die nekskywe, uie, knoffel en appelkose bo-op die vorige laag.
Meng die kerriepoeier,suiker,asyn,knoffel,sout-en-peper met die sjerrie en giet bo oor.
Laat prut die pot vir ± 3-4 ure tot vleis sag is verwyder die bene en bedien saam met rys.
Moet nie vergeet om die aartappels na ± 2 ure in te sit om sag te kook nie.
VARK- EN APPELPOTJIE
1,2 kg varkskenkels, in skywe gesny of varkvleisblokkies, skouertjops of porsies varklende
50 ml kookolie
2 uie, in skywe gesny
3 stingels seldery, in skyfies gesny
60 ml koekmeelblom
sout en peper na smaak
5 ml tiemie
250 ml vleisaftreksel
250 ml appelsap
6 klein aartappels, geskil en gehalveer
500 ml vars of gevriesde wortels, gekap
2 groen appels, geskil, ontpit en in blokkies gesny
Metode:
Verbruin varkskenkels in verhitte kookolie. Verwyder uit kastrol. Soteer uie en seldery tot deurskynend. Voeg vleis, meel, geurmiddels en tiemie by. Verhit vleisaftreksel en appelsap, voeg by vleis en prut tot die vleis amper gaar is. Pak aartappels, wortels en appels in lae. Prut nog 20 - 25 minute tot groente sag is.
4 porsies.
SEEKOSPOTJIE
Braai 2 uie saam met 'n halwe potjie knoffel. (my keuse - kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ´n pak gemengde seekos by en braai vir sowat 5 min saam.
Roer by 250 ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir ´n halfuur prut.
Wenke:
*as jy en jou vriende wil saam kuier om ´n pot, sal ek ´n seekos-potjie afraai.
*indien jy jou skoonfamilie moet nooi vir ete, is dit ideaal - sorg net dat daar al kole is as hulle opdaag.
*indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan jy mossels met die skulp ingooi, of crabsticks is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan ook die potjie bietjie rek.
*vermeerder jou room en uiesop saam met die seekos m.a.w. 2 pakke seekos; 2 uiesop en 2 room.
*jou kole moet redelik koel wees.
*dien op saam met rys en Franse brood.
MOSSEL POTJIE
Hierdie is ‘n baie vinnige potjie.
60ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous
sout en peper
METODE:
Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig.
Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is.
( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.)
Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper.
KERRIEPOTJIE
1kg skaap- of lamsvleis in blokkies gesny kookolie
1 knoffelhuisie geskil en gekap
5ml koljander
6 heel naeltjies
1 klein blikkie tamatiepasta
10ml bruin asyn
25ml blatjang
sout na smaak
2 uie geskil en in ringe gesny
5ml borrie
15ml kerriepoeier
1 stukkie heel pypkaneel
5ml fyn jeera (komyn)
250ml appelkooskonfyt
25ml suiker
1 groen rissie pitjies verwyder en skil gekap
250g gedroogde appelkose in 'n bietjie water geweek
5ml fyngedrukte groen gemmer
1 groen soetrissie pitte verwyder en gekap
250ml karringmelk of Bulgaarse jogurt
'n Nommer 3-pot word aanbeveel. Braai die vleis in die olie. Voeg sout by, voeg dan uie en knoffel by, laat effens bruin word, en voeg dan al die ander bestanddele, behalwe konfyt, blatjang en karringmelk of jogurt by. Prut stadig vir 2½ ure of tot die vleis sag is. Voeg dan res van bestanddele by. Voeg nog sout by indien jy sou verkies.
BILTONG POTJIE
½ kg biltong
500g pasta skulpies
250g pakkie gesnyde sampioene
2 uie, fyngesny
1 rooi en 1 groen soetrissie, gekap
olie
250ml room
500ml vleisekstrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water weggekook het. Voeg room by, onthou potjie moet nog op vuur wees, dan biltong en kaas. Roer deur en kook nog vir ± 5 minute. Met die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer die resep en dan kan jy jou eie verbeelding byvoeg.
BEESVLEIS-POTJIE
1kbeesvleis, in blokkies gesny
30ml Ekstra Suiwer Olyfolie
2 medium uie, gesny
125ml gedroogde appelkoos, geweek in water vir 1 uur
4 wortels, geskil en gesny
1 klein botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
4 medium aartappels, geskil en gesny
2 heel groenmielies, elk in 5 dele gesny
250ml kool, gekap
6 murgpampoentjies, gesny
250g gevriesde ertjies
sout en peper
Sous
125ml sjerrie
50ml sojasous
3ml gedroogde mosterdpoeier
1ml gedroogde roosmaryn
1ml gedroogde tiemie
1 vleisaftrekselblokkies
2 x 410g blikkie gekapte tamaties
250ml Cabernet Sauvignon
250ml water
Voorbereidingsmetode
Berei ’n direkte vuur van matige hitte voor.
Plaas ’n vuurbestande potjiekospot op die rooster en laat dit warm word tot hoë hitte.
Maak die olie in die pot warm en gooi die beesvleis in. Soteer tot gekleur.
Voeg die uie by en braai bruin.
Meng al die sousbestanddele en voeg in die pot by. Meng goed, sit die deksel op en laat prut vir 1,5 uur.
Plaas die gedroogde vrugte en die groente in lae soos wat dit hierbo verskyn, met uitsondering van die kool, murgpampoentjies en ertjies.
Geur met sout en peper.
Plaas die deksel op en laat die pot vir ’n verdere 45 min prut. Voeg die res van die groente by en kook vir nog 10 minute.
Maak die mengsel dik met ’n mengsel van koekmeelblom en water indien nodig.
Verwyder die pot van die vuur en bedien met rys of potbrood.
ONTBYT POTJIE 1
Oorskiet braaivleis in blokkies gesny
Uie
Blikkie tamatiesmoor
Maalvleis
Gesnipperde spek
Groen rissie
Sampioene
Klein blikkie boontjies in tamatiesous
Eiers
Kaas
Sommer enigiets waarvan jy hou
Braai uie, groen rissie, sampioene .Voeg vleis daarby en braai. Voeg tamatiesmoor en boontjies(baked beans) by en laat prut. .Geur met sout, peper, speserye. Breek eiers bo-op en sit deksel op om gaar te word. Rasper kaas bo-oor en as dit gesmelt is, dien op op ‘n broodjie of enige oorskiet stysel, wat ookal byderhand is .
Sodoende word die oorskiet braaivleis nie gemors nie, en enige kombinasie van bestanddele kan gebruik word. Basies enigiets waarvan jy hou .
ONTBYT POTJIE 2
2 eetlepels olie
250 g sampioene, in kwarte gesny
2 uie, grof gekap
250 g spek, in blokkies gesny
1 blik (440g) gekapte tamaties
handvol tiemie takkies
sout en swartpeper
12 varkworsies, in skyfies gesny
6 eiers
1 koppie (250 ml) Cheddarkaas, gerasper
METODE
Verhit die olie in ‘n pot en braai die sampioene oor hoë hittevir 5 minute tot goudbruin en gaar.
Verwyder uit die pot en hou eenkant.
Braai die uie en spek saam vir ± 5 minute.
Voeg die blikkie tamaties en tiemie by en geur goed met sout en swartpeper.
Plaas ‘n laag varkworsies op die tamatiesous en kook vir ± 5 - 10 minute met die deksel op.
Haal die deksel af en plaas ‘n laag sampioene op die varkworsies en breek die eiers bo-oor die sampioene.
Maak die deksel weer toe en kook vir 5 minute.
Sprinkel met kaas en bedien met pap of potbrood.