



Pasteie
PASTEIBAK WENKE
YSKAS TOE: Jou deeg mag nooit warm word nie. Die vet smelt, olie syfer uit en die resultaat is ’n papperige deeg! Daarom, ontdooi jou deeg oornag in die yskas, rol uit op ’n koue oppervlak (nie langs die stoof nie) en laat rus deeg in die yskas vir 10-15 minute voor jy dit in die oond sit.Wenk: As jy warm hande het soos ek, sit jou hande in yswater en droog af net voor jy jou deeg hanteer.
GOUDBRUIN DEEG: Soms is jou deeg perfek goudbruin maar die vulsel is nog nie heeltemal gaar nie. Haal die pastei uit na 15 minute, of wanneer goudbruin, en bedek hoekies van die pastei (dit verbruin eerste en die vinnigste) met foelie.
KORS MET KRAAK: Om ’n papperige deeg aan die onderkant te vermy, verhit ’n bakplaat in die oond waarop jy jou pasteibak kan neersit in die oond - dit gelei die hitte na die bak. Liezl se resep As jy vinnig deeg wil maak - wat nie in die yskas hoef te rus nie en nie uitgerol hoef te word nie - is hierdie resep perfek vir die kombersie oor jou vulsel! My ouma het altyd dié slapdegie oor my gunsteling, wildspastei, gegooi.
PASTEI DEEG
4 kop meelblom
4 tl bakpoeier
½ tl sout
250 g to bake botter
Yswater
Vryf smeer in droë bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Sit in yskas vir tenminste 30 minute.
Rol dun uit.
SLAP PASTEI DEEG
1 kop koekmeel
2 teel bakpoeier
125 ml botter of margarien
¾ k melk
1 eier
2 ml sout
Vryf botter in meel in
Klits eier, melk en meng dit in die meel in vir ’n slap deeg.
SLAP PASTEI KORS MET RYS
2 eiers
125ml melk
12,5ml gesmelte botter
125ml gaar rys
125ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor ‘n vleismengel. Bak tot goudbruin.
MIELIE KORS: SLAP DEEG
1 koppie bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepels vars pietersielie
4 eetlepels botter
420g geroomde suikermielies
4 eetlepels melk
1 eier
Meng alles saam en gooi oor vleisgereg en bak tot goudbruin
PASTEIE MET KAPOKAARTAPPEL DEEG
1kg aartappels
2 kg meel
3 t bakpoeier
1 eier
METODE:
Kook aartappels soos wanneer jy mash wil maak laat afkoel.
Voeg die res van die bestanddele by maak in 'n deeg. rol uit.
Gebruik 'n klein bordjies om ronde pasteie te maak.
Voeg vulsel in.
Smeer helfTe van die rand met eier.
Vou toe en druk met vurk vas.
Bak in oond teen 180°C tot goudbruin
RYK HOENDER SAMPIOEN PASTEI
1 gaar hoeder, gerooster of gekook
½ hoender aftrekselblokkie
60 ml (g) botter
250 g fyn gesnipperde sampioene... enige soort
30 ml koekmeel
500 ml warm melk
30 ml Dijon mosterd
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
½ rol Skilferkorsdeeg
1 eier geklits
METODE:
Ontbeen die hoender en vlok dit.
Druk die aftreksel fyn met 'n vurk en voeg dit by die botter in n braaipan.
Braai sampioene in die bottermengsel tot gaar. Sprinkel die meel oor en laat dit opborrel. Voeg die warm melk bietjiesgewys by en roer tot dik en gaar.
Voeg die mosterd en die fyn hoender by en roer goed.
Skep in 'n gesmeerde pasteibak en hou eenkant tot dit afgekoel is.
Verhit die oond tot 200°C.
Rol die deeg effens dunner ut op meelbestrooide oppervlakte en sny 'n groot genoeg stuk uit om op vulsel te pas.... of... druk skongrote koekies uit en plaas dit oormekaar oor die vulsel tot hele bak toe is.... kyk op foto.
Verf met die geklitste eier en bak vir 30 minute tot die kors bruin en gaar is.
OUMA SE HERDERSPASTEI
Uie en knoffel
500gr maalvleis
2 tot 3 pakkies tamatie puree
Gedroogte kruie, origanum, roosmaryn, tiemie
1 koppie rooiwyn
2 eetl bruinsuiker
sout en peper
Metode:
Sit die Gietysterpot bo-op vuur, braai uie en knoffel, voeg vleis by, en braai tot bruin.
Voeg die tamatie, kruie, wyn, suiker en sout by, roer goed.
Maak intussen kapokaartappels met bakpoeier, melk of room, en parmasaankaas, of enige kaas wat jy byderhand het, pak dit bo-op die vleis in die gietysterpot.
Sit deksel op, en pak gaar kole bo-op deksel.
Laat so staan vir 20 minute.
VINNIGE MAALVLEISPASTEI
1kg Maalvleis
500ml Water
125ml Brood
25ml Asyn
10ml Sout
1ml peper
2ml Fyn naeltjies
2 Lourierblare
KORS
1 Eier
125ml Olie
250ml Meelblom
10ml Bakpoeier
125ml Melk
2ml Sout
METODE
1. Voorverhit oond tot 180C
2. Kook vleismengsel 5 min, en verwyde lourierblare
3. Gooi in gesmeerde vleisskottel
4. Klits eier, olie en melk saam
5. Sif meelblom, bakpoeier en die sout by
6. Meng meelmengsel met eier mengsel
7. Gooi die kors bo-op die vleis
8. Bak 30 min of tot goudbruin verkleur .
VLEISROLLETJIES
Bestanddele
2 Koppies Meel
500 g Margarien
1 t Sout
1 Eier
2 t Asyn of Suurlemoensap
4 e Koue Water
1 kg Fyngemaalde vleis (helfte bees & helfte Vark)
Metode Deeg
Meng deeg en margarien totdat gekrummel. Klits eiergeel, asyn en water. Meng eiermengsel met meel mengsel. Laat goed afkoel voor gebruik.
Metode Vleisrolletjies
Neem deeg en rol uit. Sny kante mooi gelyk. Neem vleis en geur na smaak. Vul versiersak of buis (met geen punt) en vul met vleis. Druk op deeg sodat dit ‘n wors vorm. Rol vleis toe. Sny oortollige deeg af. Sorg dat las onder lê. Sny in verlangde grootte. Smeer eier of melk oor. Sny skuins kepe oor. Sprinkel met braaivleis speserye oor. Bak tot gaar.
BLITSIGE HOENDERPASTEITJIES
VULSEL
15 ml (1 e) olie
15 ml (1 e) botter
2 uie, gekap
250 g gemengde sampioene,
gekap
1 gaar hoender, vel verwyder en
gepluis
375 g roomkaas
60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie en tiemie
sout en vars gemaalde peper
KORS
400 g broskorsdeeg
1 eierwit, geklits
’n bietjie melk, vir borsel
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit 8 tot 10 minibroodpannetjies of diep muffinholtesmet kossproei.
Vulsel - Verhit die olie en botter in ’n pan. Roerbraai die uie en sampioene tot gaar.
Roer die hoender, roomkaas en kruie by. Geur met die sout en vars gemaalde peper, skep uit en laat heeltemal afkoel.
Kors - Rol die deeg effens dunner uit en voer die pannetjies daarmee uit; hou deeg oor vir die doppies van die pasteie. Prik die kors met ’n vurk en smeer met die eierwit.
Vul elke holte met die vulsel. Sny die oorblywende deeg groot genoeg om oor die pasteitjies te pas en druk vas op elke pasteitjie.
Verf liggies met die melk en bak 25 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.
SPEK ROL
1 blaardeeg/puff pastry – dun uitgerol
1 pak spek gesnipper
1 x 125 g fyn gekapte sampioene
½ green pepper
3 tot 4 snye ham repies gesny
1 fyn gekapte ui
1 wiel fetta kaas
SO MAAK JY:
Braai alles tot gaar
Smeer oor blaardeeg
Gerasperde gouda, mozarella, cheddar kaas
Strooi laag cheddar, laag gouda en laag mozarella (dun lagies) rol soos rolkoek op. Sny snitte vertikaal in blaardeeg. Smeer bietjie melk of mayonaise of eier oor.
Bak vir 45 minute by 180 grade tot gaar en goudbruin.
Werk mooi met jou deeg, moenie dt dit iewers skeur nie, anders kook jou mengsel uit.
WENK:
Maak soos 'n braai-pie in jou toeknyprooster.
BIEFSTUK-NIERTJIE PASTEI
BESTANDELE:
1.5 kg biefstuk
500 g skaap niertjies
1/2 kop koekmeel
2 ml gemaalde gemmer
1 ml tiemie
3 tl Worcestersous
1 tl aangemaakte mosterd
1 t sout
30 ml sago
5 uie, opgekap
pasteikors:
1 k koekmeel
2 t bakpoeier
knippie sout
125ml sonneblomolie
125 ml melk
1 eier
SO GEMAAK:
Sny biefstuk in blokkies. Maak skaapniertjies skoon, sny die wit gedeelte binne uit en sny die niertjies ook in groterige blokkies.
Meng koekmeel, gemmer en tiemie en rol beesvleis en niertjieblokkies daarin tot goed gemeng.
Plaas dit in 'n dikboomkastrol en voeg die Worcestersous, mosterd en sout by. Voeg genoeg kookwater by om die vleis mee te bedek. Sit die deksel op en prut dit oor matige hitte totdat die vleis lekker sag is. Roer die mengsel af en toe om sodat dit nie aanbrand nie.
Week die sago in 'n bietjie koue water.
Voeg die uie en sago by die vleis en prut tot die vulsel dik is. Roer af en toe om aanbrand te voorkom. Skep die gaar vulsel in 'n groot oondvaste bak.
KORS:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Klits die olie,melk en eier saam. Voeg die meelmengsel by en klits tot goed gemeng.
Gooi die deeg oor die vulsel. Bak die pastei 25-30 minute by 190ºC. Sit dit warm voor.
BOEREWORS PASTEI
1 rol (400 g) reg-om-te-gebruik-skilferkorsdeeg
45 ml heelkorrelmosterd
4 stukke boerewors van 15 cm elk
1 eier, geklits
METODE:
Voorverhit die oond tot 210 °C. Rol die skilferkorsdeeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Sny in vier ewe groot reghoeke. Smeer elke stuk deeg met ’n lagie heelkorrelmosterd.
Druk die vleis van elke stuk wors versigtig uit die derm en vou dit in die deeg toe. Seël die kante met ’n vurk en verf met geklitste eier. Pak op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 10 minute, verlaag dan die temperatuur na 180 °C en bak ’n verdere 10-15 minute. Sit voor met skyfies en tamatiesous of blatjang. Lewer vier pasteie.
SAMPIOEN EN BOEREWORS PASTEI
300 g boerewors
30 ml (2 e) olie
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
200 g sampioene, gehalveer
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) koekmeel
500 ml (2 k) aftreksel
500 g skilferkorsdeeg
1 geklitste eier vir verf
METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °c.Verhit ’n groot braaipan en braai die boerewors tot gaar.
Sny die wors in blokkies.
Verhit die olie en braai die soetrissie, sampioene, ui en knoffel ’n paar minute. roer die koekmeel by.
Hou aan roer tot al die groente met meel bedek is.
Gooi die aftreksel en gaar wors by en roer 15 tot 20 minute tot die sous verdik.
Deel die vulsel tussen 2 middelslag-bakke en bedek elkeen met skilferkors.
Verf met ’n geklitste eier en bak 15 tot 20 minute of tot gaar.
LAMPASTEI
(6 porsies)
2 kg lamsboud, in blokkies gesny
70 g (125 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
30 ml olyfolie
30 ml botter
3 uie, gehalveer en in dun skywe gesny
2 knoffelhuisies, fyngekap
200 ml rooiwyn
300 ml beesvleis-aftreksel
2 lourierblare
5 ml droë tiemie
Aartappeldeeg
200 g bruismeel
knippie sout
150 g ongesoute botter, in klein blokkies gesny
2 gekookte aartappels (sonder vel), fyngedruk
1 eier, effens geklits
METODE:
Verhit oond tot 180 °C. Rol lamsvleis in meel en geur met sout en swartpeper.
Skud die oortollige meel af. Verhit olyfolie in ’n kastrol en braai die vleis (nie alles op een slag nie) tot bruin. Haal vleis uit en hou eenkant.
Smelt botter in dieselfde kastrol en braai uie vir sowat 5 minute tot sag. Voeg knoffel by en braai verder vir 1 minuut. Sit die lamsvleis terug in kastrol saam met die rooiwyn, aftreksel, lourierblare en tiemie. Geur met sout en swartpeper. Bring die vulsel tot kookpunt en maak toe met ’n deksel.
Plaas kastrol in die oond vir 1 – 1½ uur tot die vleis sag is. Haal uit en skep in ’n 1,5 liter-pasteibak. Laat afkoel voor jy die deeg opsit.
Terwyl die vulsel afkoel, kan jy die deeg maak. Sif die bruismeel in ’n groot mengbak. Voeg sout by.
Vryf die botter in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die fyn aartappels by en maak aan tot ’n deeg. Maak toe met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 30 minute. Verhit oond weer tot 180° C. Rol die deeg uit op ’n meel-bestrooide oppervlak.
Die deeg kan nogal sag wees.
Gebruik ’n koekiedrukker en sny sirkels uit.
Plaas die sirkels bo-op die deeg. Verf die deeg met geklitste eier en plaas in warm oond vir sowat 30 – 35 minute.
LAMPASTEI MET FETA & SPINASIE
500 - 700 g lamsboudvleis, in klein blokkies gesny, alle vet verwyder
1½ koppie (375 ml) hoender- of beesvleisaftreksel
1 bossie spinasie, baie goed gewas en opgekap (gooi stingels weg)
2 teelepels (10 ml) sago, in warm water geweek tot sag (sowat 2 uur)
½ teelepel (2,5 ml) orego
½ teelepel (2,5 ml) basiliekruid
2 teelepels (10 ml) tamatiepasta
knippie suiker
1 wiel fetakaas, gekrummel
400 g bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
1 eier, geklits
sout en swartpeper na smaak
METODE
1. Voorverhit oond tot 200 grade.
2. Bedek vleis met aftreksel en stowe stadig oor matige hitte tot sag, sowat 2 uur. Voeg nog water by as dit lyk of die pot droog kook; jy het ¾ koppie (180 ml) van die sous later nodig. Skep vleis met gaatjieslepel uit en hou eenkant tot benodig.
3. Kook die fyngekapte spinasie in 'n kastrol met 2 eetlepels (30 ml) kookwater vinnig oor hoë hitte tot gaar, sowat 4 minute. Skep uit i 'n sif oor die wasbak en druk alle vog met die agterkant van 'n houtlepel uit. Jy wil 1 koppie (250 ml) gaar spinasie hê.
4. Verhit nou die kastrol of pan met die ¾ koppie (180 ml) vleissous in en voeg die geweekte sago, kruie, tamatiepasta, suiker, feta en skaapvleis by. Geur na smaak met sout en peper - onthou die feta is reeds sout. Meng goed.
5. Skep vleisvulsel in 'n oondvaste tertbak, bedek eweredig met die gaar spinasie en sprinkel peper oor. Laat heeltemal afkoel voordat die pasteideeg bo-op die vulsel geplaas word. Verf die deeg liggies met geklitste eier en bak vir 'n halfuur tot goudbruin en bros. Sit voor met groente.
CHAKALAKA HERDERS PASTEI
15ml olie
1 ui, gekap
300g maalvleis
15ml tamatiepasta
1 blik chakalaka
250 ml ertjies
2 groot patats
1 groot aartappel
100 ml volroommelk
’n klont botter
METODE:
1 Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die maalvleis by en braai dit bruin. Breek die vleis op met ’n spaan. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die tamatiepasta by en braai vir nog ’n minuut of twee. Voeg die chakalaka en ertjies by en laat prut vir 15 minute – voeg ’n bietjie water by as die sous te droog lyk.
2 Skil die aartappel en patats en sny dit in blokkies. Kook dit in soutwater tot sag, dreineer en maak die groente saam met die melk fyn. Geur met sout, peper en neutmuskaat. Skep die vleis in ’n oondbak, bedek dit met die patat-en-aartappelmengsel en stip met botter. Bak die pastei in ’n voorverhitte oond vir 25-30 minute tot goudbruin.
PEPPER STEAK PIE
JY BENODIG:
2 uie (opgekap)
1 green pepper (opgekap)
1 pakkie sampioene (opgekap)
500g Topside Maalvleis
500g goulash
2 aartappels in klein blokkies gesny
Gemaalde swartpeper na smaak
Sout na smaak
2 pakkies Royco swartpeper sous
1 eetl woschestersous
2 pakkies gevriesde puff pastry (400g)
METODE:
Braai uie, greenpepper en vleis saam in bietjie olie.
Gooi Worcester sous en peper by.
Dan as dit bruin gebraai is gooi sampioene en aartappels by.
Gooi water by en kook vleis tot sag.
Sodra vleis sag is maak pakkies aan soos aangedui op pakkie en gooi in en kook op lae hitte vir 5 min.
Hou dop sodat dit nie aanbrand nie.
Smeer diep bak botter of spray en cook.
Druk eerste pak pastry onder bak bodem en kante vas.
Gooi vleis in bedek weer met pastry bo op omthou om gaatjie in middel te steek ander kook hy oor.
Smeer met eier en bak tot goud bruin op 180 grade. Bedien saam groen slaai
SPINASIE EN FETA PASTEI
80 ml botter, gesmelt
400 g spinasie
1 groot ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
Grofgemaalde swartpeper
300 g fetakaas, gekrummel
50 ml olie
Halwe pak filodeeg, ontdooi
METODE:
Voorverhit oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met van die gesmelte botter. Spoel spinasie af onder koue water en dreineer goed. Gebruik kombuispapier of ’n afdroogdoek om die spinasie droog te druk. Snipper spinasie baie fyn en hou eenkant.
Verhit van die botter en braai die ui en knoffel vir ’n paar minute totdat dit deurskynend is. Geur met peper. Meng uiemengsel met spinasie en fetakaas in ’n groot mengbak en geur met peper. (Moenie sout bysit nie, want die fetakaas is reeds sout.)
Meng die res van botter met olyfolie. Vou filodeeg oop op ’n skoon oppervlak. Hou drie velle uit.
Halveer res van filodeeg in die lengte en smeer elke vel met botter-en-oliemengsel.
Plaas twee van die gesmeerde helftes op mekaar en skep ’n groot lepelvol spinasiemengsel op die velle.
Rol liggies toe en pak rolletjies in die bak. Herhaal met res van vulsel en filodeeg.
Smeer rolletjies met bottermengsel en rangskik velle wat jy uitgehou het op die rolletjies.
Jy kan dit met jou hande frommel. Verf dit met die res van die bottermengsel.
Bak vir 15 minute, verlaag die hitte en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar. Genoeg vir ses mense.
STEAK & KIDNEY PASTEI
500g niertjies (bees of skaap, skoongemaak en in hap-grootte blokkies gesny)
1kg chuck steak blokkies (Ongeveer 2,5cm x 2,5 cm)
3 groot uie in kwarte gesny
2 k water
Aromat na smaak
Peper na smaak
2 pakke skilferkors
METODE:
Braai jou niertjies en steak in bietjie olie tot steak mooi bruin is.
Gooi als in 'n stoompot saam met die uie, aromat en 2 k water.
Stoom ongeveer 20 min.
Gooi in oondvaste bak en bedek met skilferkors.
Smeer kors met bietjie melk en 1 eier geel gemeng.
Bak in 180°C oond tot goudbruin.
MAKLIKE VARKPASTEITJIES
VULSEL:
700 g gehalte-varkworsies
1 ui, fyn gekap
10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
15 ml (1 e) olyfolie
30 ml (2 e) vinkelsaad
fyn gerasperde skil van 1 lemoen
45 ml (3 e) port
’n groot hand vol pietersielie en grasuie, fyn gekap
sout en gemaalde swartpeper
1 appel, gerasper
DEEG:
200 g koekmeel
200 g botter
200 g cheddar
gerasper eierglaseersel
VULSEL:
Druk die varkvleis uit die omhulsel in ’n mengbak uit.
Braai die ui en knoffel in ’n pan tot goudkleurig. Roer die worsvleis by en braai vir 5 min. Gooi die vinkelsaad, lemoenskil, port en kruie by en meng goed. Geur met sout en peper. Sit laastens die appel by.
DEEG:
Verwerk al die bestandele in ’n voedselverwerker tot dit bymekaarkom. Vorm ’n plat sirkel, draai in kleefplastiek toe en sit vir 1 uur in die yskas.
Rol die deeg 5 mm dik op ’n skoon, meel-
bestrooide werkvlak uit.
Druk 15 cm-sirkels uit en voer ’n muffin-pannetjie met 6 holtes met die deegsirkels uit.
Verdeel die vulsel tussen die holtes en bedek elk met ’n 7 cm-sirkel. Knyp die deksel met jou vingerpunte toe en verf met geklitste eier.
Bak vir 40 min. of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel voor jy die pasteitjies uithaal.
VISPASTEI
700g skelvisfilette,
600ml melk,
1 ui in dun skyfies gesny,
1 lourierblaar,
4 swartpeperkorrels,
1x350g salmfilet,
150ml droe wit wyn,
120g steurgarnale -skoongemaak,
1/3kop botter,
60ml meel,
2 eiers hardgekook,afgedop &fyn gekap,
30ml gekapte pietersielie,
sout&witpeper
1Kg aartappels,geskil.
METODE:
Plaas skelvis,500ml melk,uie,lourierblaar &peperkorrels in 'n pan.
Verhit tot kookpunt &laat 10min prut of tot vis maklik vlok.Dreineer maar behou vloeistof.
Plaas salm &wyn in ander pan &verhit tot kookpunt.
Voeg steurgarnale by &laat so 2min prut.
Dreineer vis,maar behou vloeistof.
Smelt 30ml botter &roer meel by.Roer oor matige hitte vir so 2min.Roer behoue melk &wyn by en tot kookpunt.
Verwyder van hitte.
Vlok vis grof &roer by sous.Roer eiers &pietersielie by &geur na smaak.Skep in gesmeerde pasteibak.
Kook aartappels in soutwater tot sag.Druk fyn &voeg oorblywende melk &botter by,Geur na smaak.
Plaas in spuitsak &spuit rosette bo-op pastei,Bak in voorverhitte oond by 180gC vir 20min of tot goudbruin.
Dien warm op.
TUNA PASTEI
1 of 2 pakke skilferkors, uitgerol
2 blikke tuna, gedreineer en gevlok
mayonnaise na smaak
1 ui, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
handvol peppadews, fyngekap
2 huisies knoffel, fyngemaak
METODE
Meng alles goed saam, plaas op die deeg en rol dit op.
Jy kan ook twee stukke skilferkorsdeeg gebruik deur die vulsel op die een te plaas en te bedek met die ander een.
Smeer met melk en eier.
Bak teen 210 grade vir 20 minute.
WILDSPASTEI
Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 11⁄2 uur
Oondtemperatuur: 180 ˚C
olyfolie
2 kg wildsvleis, in stukke gesny
1 liter beesvleisaftreksel
2 uie, grofgekap
2 groot aartappels, grofgekap
125 ml blatjang
1 blik klappermelk
100 g beesstert-soppoeier
gesmelte botter
klaargemaakte skilferdeeg
1 eier, liggies geklits
METODE:
Verhit ’n laag olyfolie in ’n groot kastrol en braai ’n paar stukke wild op ’n slag bruin. Skep dan al die vleis terug in die kastrol.
Verhit die aftreksel tot kookpunt en gooi dit oor die vleis – al die stukke moet bedek wees. Geur met ’n bietjie swartpeper en laat prut tot sag. Haal van die plaat af en laat afkoel.
Gooi die inhoud van die kastrol deur ’n sif en hou die aftreksel. Sny die vleis in kleiner stukkies. Haal enige bene en senings uit.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n skoon kastrol en soteer die uie tot deurskynend.
Gooi van die aftreksel wat jy uitgehou het in ’n kastrol en kook die aartappels sag.
Gooi die vleis, blatjang en klappermelk by die aartappels.
Meng die soppoeier met ’n bietjie koue water en roer dit ook by. Laat prut tot verdik. Voeg nog aftreksel by indien nodig. Haal van die plaat af en laat heeltemal afkoel.
Smeer ’n oondbak met botter. Rol die deeg uit op ’n oppervlak waaroor jy liggies meel gestrooi het en voer die bak daarmee. Skep die vulsel in die
deegdop.
Bedek die vulsel met nog ’n laag deeg en druk die kante aan mekaar vas. Verf die deeg met geklitste eier. Bak in die verhitte oond
tot goudbruin en gaar.