



Brood
VERSKILLENDE SOORTE BROOD VERDUIDELIK
Die mees algemene soorte brood wat jy by jou bakkery sal raakloop is:
BAGUETTE:
Die Franse brood het 'n lang, dun vorm en is sag met 'n bruin kors.
Die brood is in die vorm om die maksimum hoeveelheid kors te verkry.
BRIOCHE:
'n Witbrood wat met baie botter en eiers gemaak word. Dit kom in verskeie vorms en is effens soet.
CIABATTA:
Die plat brood het 'n ferm struktuur met baie gate en 'n bros kors.
Die brood word tradisioneel in 'n houtstoof gebak. Ciabatta beteken pantoffel in Italiaans.
FARINA:
Hierdie is 'n Marokkaanse brood wat op klippe gebak word.
KITKA:
Die witbrood word gevleg en met papwersaad bestrooi.
Dit is sag en effe soet.
MATSO (ONGESUURDE BROOD):
Matso is ongesuurde brood wat tydens die Joodse Paasfees (Pasga) geëet word.
Die deeg mag nie fermenteer of rys nie.
MELKBROOD:
Dit is witbrood wat met melk pleks van water aangemaak is.
Die brood is sag en lig.
PAO DOCE:
'n Soet Portugese brood.
Lekker vir net so eet.
POTBROOD:
'n Witbrood wat in 'n pot of ronde pan gebak word.
ROGBROOD:
Die gesondste brood wat jy kan eet.
Gemaak van suiwer rogmeel en veselryk.
Dit het 'n taaierige tekstuur.
ROOSTERKOEK:
Roosterkoek is tradisioneel gemaak op die dag wat daar brood gebak is op die plaas.
Stukkies deeg is afgeknyp en oor die ontbytvuur gebraai.
SAADBROOD:
Hierdie is 'n ferm, digte brood. Dit kan effens klam voorkom met 'n neurgeur. Die neutgeur word soms verbeter met die byvoeging van neute. Die brood is veselryk en baie voedsaam.
SWARTWOUD:
Die brood van rog- en gewone broodmeel word verryk met aartappel en roomkaas.
Dit het 'n sterk geur en digte tekstuur met 'n donker kors. Bedien dit saam met kouevleis
MAKLIKE ROER WITBROOD
7 koppies meel (Dis presies 1Kg)(Koekmeel)
4 Koppies
Water(Lou water)
2 teelepels sout
1 Pakkie suurdeeg.(10g)
Meng
alles goed deur,
Gooi in panne, laat rys, bak vir omtrent 1 uur tot gaar by 180°C
Dis dit, niks knie, af knie nie, net meng goed deur, laat rys en bak
AARTAPPEL GESONDHEIDS BROODJIE
250ml aartappels, fyn gedruk
525ml volgraanmeel
250ml koekmeel
7ml koeksoda
5ml sout
10ml bruinsuiker
500ml ongegeurde lae vet jogurt
METODE:
Voorverhit oond tot 180*C.
Meng die droë bestanddele saam.
Vryf die aartappels met die vingerpunte in die droë bestanddele in.
Meng die jogurt met die mengsel.
Plaas die deeg in 'n gesmeerde broodpannetjie van 220mm x 100mm.
Bak vir 1 uur en 15 minute.
AARTAPPEL-SUURDEEG BROOD
300g koekmeel
3ml sout
250ml aartappels, fyngemaak
15ml botter
125ml aartappelsuurdeeg
Gesmelte botter
METODE:
1. Sif die meel en sout saam. Meng dit deeglik met die aartappels en vryf die botter hierby in.
2.Gooi die aartappelsuurdeeg in die middel van hierdie bestanddele en knie die deeg totdat dit elasties is en van die kante van die bak loskom.
3. Bedek die deeg en laat dit in n warm plek staan om tot omtrent dubbel die grootte te rys.
4. Knie die deeg op n meelbestrooide oppervlak af.
5. Voorverhit die oond tot 200*C.
6. Plaas die deeg in n gesmeerde broodpan. Bedek en laat dit weer tot dubbel die grootte rys.
7. Smeer gesmelte botter bo-op die deeg en bak in die voorverhitte oond vir 1 uur. Die brood moet hol klink wanneer dit geklop word.
AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE
1 aartappel baie fyn gerasper.
VOEG BY:
2 teelepels suiker
1 teelepel sout en
1 sakkie kitsgis .
Gooi dit dan in 'n glas houer / outydse can fruit bottel.
Voeg 500 ml warm water by - te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit 'n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.
Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees
As die aartapple na bo rys, weet jy dis reg om te gebruik..
Roer, en gebruik so twee derdes om mee te bak.
Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.
AARTAPPEL SUURDEEG PLANTJIE (2)
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel, in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
½ teelepel sout
METODE:
Plaas die aartappel, suiker en sout in die lou water.
Strooi die koppie meel liggies oor.
Roer dit twee keer.
Sit dit in 'n houer wat twee keer die volume van die beslag kan neem.
Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in 'n kombers.
Laat dit oornag staan.
Die volgende oggend kan jy vir jou 'n halwe koppie uitskep om 'n brood mee te bak.
Sit die res in 'n glasfles in die yskas - jy kan dit tot 3 weke lank so hou.
Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag.
As die vloeistof klaar is, kan jy net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg.
ITALIAANSE AARTAPPELBROOD (TORTANO)
Lewer 2 brode.
Dié brood word gemaak met ’n deeg wat oornag rys.
Dit gee die brood ’n dieper gissmaak.
1 x 10 g sakkie kitsgis
250 ml louwarm water
100 g koekmeel (180 ml)
170 g aartappel - gekook tot sag en fyngedruk
575 g broodmeel (1 025 ml)
420 ml water
45 ml heuning
15 g sout (15 ml)
METODE:
Plaas gis, louwarmwater en koekmeel in middelslag mengbak.
Roer met houtlepel tot goed gemeng.
Sit 6 uur of oornag in yskas om te rys.
Plaas gismengsel, fyngedrukte aartappels, broodmeel, water, heuning en sout in bak van elektriese menger.
Knie op hoë spoed vir 10 – 12 minute of tot deeg in een bal saamkom.
Plaas deeg in bak wat met olie gesmeer is en laat rys op warm plek tot dubbel die volume, sowat 2 – 4 uur.
Knie die brood af en laat weer rys vir 20 minute.
Herhaal proses nog 3 keer.
Vorm deeg in groot ronde bal en sit op bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Druk effens plat en maak met jou vinger ’n gaatjie in die middel van die brood.
Rek die gat groter tot sowat 10 cm in deursnee.
Sif 'n dun lagie koekmeel oor brood en laat rys vir nog 25 – 30 minute of tot dubbel die volume.
Terwyl brood rys, verhit oond tot 220 ° C.
Gebruik ’n skerp mes en maak 4 snye bo op brood.
Bak vir 30 – 35 minute of tot goudbruin en gaar.
WENK
Dis ’n baie sagte deeg.
Doop jou hande in koekmeel voor jy die deeg hanteer en keer so dat dit aan jou hande vassit.
IERSE AARTAPPELBROOD
450g aartappels
50g botter of margarien
100g bruismeel
1/2 t sout
METODE:
Skil die aartappels en kook sag in soutwater.
Dreineer en druk goed en egalig fyn.
Sit opsy tot afgekoel of heeltemal koud. Vryf die botter by die meelblom in tot die mengsel soos broodkrummels lyk, voeg die sout by en meng goed.
Voeg die aartappels by en bind met die mengsel met die hand.
Rol aartappeldeeg uit op 'n meelbestrooide bakplaat in 'n reghoek van 30 cm by 23 cm en sny dan in 12 vierkante.
Verhit 'n ongesmeerde roosterplaat of swaar braaipan en bak die aartappelvierkante aan weerskante oor taamlike hoe hitte tot hulle bruin word. Eet die aartappelbrood warm met genoeg botter, of laat eers koud word in 'n gevoude teegoeddoek.
(Hierdie broodjie is 'n gewild by Ierse maaltye, die broodjie word warm of koud voorgesit met botter en indien verkies met southappiesmeer op. Dis veral lekker met gebraaide spek vir ontbyt)
POTATO BAKE BROODJIE
1 Pakkie Cheese en bacon Potato Bake
300 ml gerasperde Kaas
100 ml melk
300gr aartappels - geskil en gerasper
450gr bruismeel
1 Eier
METODE:
Meng die meel en Potato Bake
Voeg aartappels en kaas by en meng deur
Meng eier en melk en meng by die bogenoemde mengsel
Knie net effe deur
Maak in bal vorm en pak in pannetjie
Smeer bietjie melk bo-oor
Strooi bietjie droë pietersielie en paprika oor (opsioneel dit gee die broodjie net 'n mooi kleur)
Bak 45-50 minute by 180°C
DUITSE APPELBROOD
Ryk gisbrode is oral in Europese bakkerye te koop en is louwarm uit die oond die heel lekkerste. Bederf jou gesin ’n slag daarmee pleks van winkelbrood.
DEEG:
500 ml koekmeel
3 ml sout
25 g kitsgis
60 ml pitlose rosyne
30 ml suiker
1 eier
125 ml warm melk
60 g gesmelte botter
1 appel, geskil
Stroop
30 ml bruinsuiker
15 ml water
5 ml kaneel
METODE:
Meng die meel, sout, kitsgis, rosyne en suiker. Klits die eier, warm melk en gesmelte botter saam en voeg by die droë bestanddele.
Meng goed en bedek losweg.
Laat rys op ’n warm plek tot dubbel in volume. Keer die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie liggies.
Vorm die deeg in ’n ovaal vorm. Sit op ’n gesmeerde bakplaat en druk skywe appel daarin. Verf met die suikerstroop en laat rys vir 30 minute.
Bak vir 40-50 minute by 190 °C tot die brood goudbruin en deurgaar is.
Laat effens afkoel en sit voor met botter of drup eers ’n slap versiersel, gemaak van versiersuiker en suurlemoensap, bo-oor. Lewer ses porsies.
APIES BROOD
In Amerika noem hulle dit "the monkey bread".
½ koppie kanola of sonneblomolie
2 koppies suiker
2 eiers
1 koppie karringmelk
2 teelepels bakpoier
4 koppies koekmeel
VIR DIE SPRINKELMENGSEL:
1 koppie suiker
2 eetlepels kaneel
½ teelepel sout
Spuit n ring pan of brood pan of smeer met botter.
Meng alles vir brood neem n groot lepel skep lepels vol en rol in sprinkel mengsel
Bedek heeltemal met sprinkelmengsel en Pak in pan
Bak 1uur by 180°C
WENK: Jy kan hom versier met gesmelte Sjokolade en jy kan ½ koppie gekapte Neute insit as jy wil
BROOD ROLLETJIES & VETKOEK DEEG
6 k koekmeel
1 T sout
2 K lou water
10 g gis
50 ml gesmelte botter
1 E suiker
METODE:
Gooi alles bymekaar en knie
Laat rys tot deeg verdubbel het.
Bak by 180 grade C vir 50 min of tot mooi ibruin en gaar.
Ek knie ekstra deeg vir die rolletjies en vetkoek.
NOTA VIR ROLLETJIES: Ek maak balletjies soos beskuit en dan druk ek hulle plat in die blink pie bakkies.
Die deeg moet die pannetjie so half vul
Ek spuit net die bakkie bietjie spray en cook en laat hulle rys tot bo die randjie van die pannetjie en bak hulle sommer daarin.
Mens het dan nie 'n pan nodig nie en ek druk hulle saam met die brood in en as hulle mooi bruin is haal ek hulle gou uit.
Die rolletjies het dan 'n mooi vorm.
WENK: As ek my brood of rolletjies uithaal verf ek met 'n kwas skoon kouewater oor die brood se bokant en sye
Dan vat ek bietjie botter en smeer die bokant daarmee en vou toe in my brooddoek.
Ek is ook lief om 'n stuk plastiek bo-op die brooddoek aan die buitekant te sit. Dit maak dat die brood 'n lekker korsie het maar lekker sag is
Ek doen dieselfde met die rolletjies. Die botter maak dat die boonste korsie mooi blink en lekker smaak
BASIESE WITBROOD
200 ml Louwarm water
200 ml Louwarm melk
1 Eier
30ml Olie
15ml Suiker
10ml Sout
4x250ml koekmeelblom
10g kitsgis
METODE:
Meng al die nat bestandele saam.
Meng dan ook al die droe bestandele saam.
Meng dan alles saam in n lekker sagte deeg.
Laat rys tot dubbel die groote.
Knie plat en sit in groot broodpan en laat weer rys.
Sit dan in die oond 180'C vir 25min.
SNOEKBROODJIE
1kg vars snoek
5ml sout
peper na smaak
50ml mielieblom
500ml afgeroomde melk
125ml room
15ml Worcestersous
25ml uiesap
gerasperde neut
25ml droë broodkrummels
suurlemoen wiggies en pietersielie
Maal die vis 2 keer, en voeg laaste keer sout, peper, en mielieblom by.
Maal dit 'n derde keer terwyl melk bygevoeg word.
Plaas mengsel in die bak van 'n elektriese menger.
Voeg die room baie stadig by en klits aanhoudend. Klits die Worcestersous, uiesap en neut by.
Die mengsel moet die tekstuur van dik room hê.
Smeer 'n broodpan van 22x12x7cm.
Besprinkel die boom met fyn krummels en giet die vismengsel daarin.
Bedek met bladaliminium en sorg dat dit styf pas.
Plaas in 'n pan met warm water.
Bak sowat 1 uur en 15 minute by 180C.
Laat 'n ruk in die pan staan. Keer uit en hou warm.
Garneer met pietersielie en suurlemoenwiggies.
MIELIEBROOD
500ml meelblom
15ml bakpoeier
4ml sout
2 eiers geklits
250ml gerasperde Cheddarkaas
75ml melk
420g roomsoort suikermielies
Voorverhit die oond tot 180C. Sif droë bestanddele saam.
Meng eiers, kaas, melk en suikermielies tot slap beslag.
Skep in gesmeerde broodpan en bak vir 45-60 minute.
SPOGBROODJIE
125ml margarien (verkieslik Stork)
150ml strooisuiker
75ml heuning
2 eiers
550ml meelblom
15ml bakpoeier
2ml sout
150ml melk
250ml gekapte okkerneute ekstra heuning vir verglansing
Voorverhit die oond tot 160C.
Smeer bodem van broodpan van 22 x 12cm en voer met waspapier uit. Verroom die margarien, suiker en heuning deeglik.
Voeg eiers by en klits goed.
Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam, en voeg om die beurt saam met melk by die verroomde mengsel.
Meng die okkerneute in. Bak vir ±1½ uur. Wag tot afgekoel.
Borsel of verglans met warm heuning en versier met gekapte neute.
PIESANGBROOD
125g botter
250g strooisuiker
2 ekstra-groot eiers
30ml jogurt of suurmelk
5ml vanieljegeursel
6 ryp, fyngemaakte piesangs
60ml gekapte neute (opsioneel)
250g koekmeel
5ml koeksoda
1,5ml sout
Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig.
Klits die eiers liggies met 'n vurk en voeg dit saam met die jogurt en vanieljegeursel geleidelik by die bottermengsel. Vou die piesangs en neute in.
Sif die koekmeel, koeksoda en sout twee maal saam. Vou dit in die piesangmengsel tot goed gemeng. Smeer en voer 'n broodpannetjie met botterpapier uit. iet die beslag daarin.
Bak dit 50-60 minute in 'n voorverhitte oond by 180C tot goudbruin en stewig.
Laat heeltemal afkoel.
PAMPOENBROOD
500ml gaar pampoen fyn gedruk 375ml suiker
125ml kookolie 2 eiers geklits
500ml koekmeelblom 2ml neutmuskaat
2ml kaneel 2ml sout
5ml koeksoda opgelos in 30ml melk.
Klits die suiker en kookolie by die fyn pampoen.
Voeg die eiers by en klits weer goed. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by die pampoen en suikermengsel in.
Voeg die koeksoda en melk by.
Skep die deeg in 'n gesmeerde broodpan in en bak vir 30 minute by 180C.
VRUGTEBROOD
675ml water
500ml ligbruinsuiker
250g pitlose rosyntjies
5 geelwortels, grof gerasper
30ml botter
5ml fyn kaneel
2ml fyn neutmuskaat knippie fyn naeltjies
2 x 250ml meelblom
10ml koeksoda
10ml bakpoeier
1ml sout
250ml gekapte okkerneute of pekanneute
Voorverhit die oond tot 160C. Voer die boom van 'n 26 x 9 x 7 cm broodpan uit en olie dit liggies.
Meng die water, suiker, rosyntjies, geelwortels, botter, kaneel, neutmuskaat en naeltjies in 'n groot kastrol.
Bring tot kookpunt, bedek en laat 10 minute prut.
Giet in 'n groot mengbak en laat staan tot heeltemal afgekoel. Sif die droë bestanddele saam.
Roer die wortelmengsel in en voeg die neute by. Giet die beslag in die voorbereide broodpan en bak 1 uur in 'n voorverhitte oond tot ferm.
Keer op 'n afkoelrak uit en laat afkoel.
Sny in skywe en sit saam met botter voor.
DADELBROOD
375g fyn gekerfde dadels
5ml koeksoda
125g margarien in klein blokkies gesny
250ml kookwater
190ml suiker
1 eier, geklits
5ml vanilla essens
500ml meelblom
5ml bakpoeier
125ml gekapte neute
Plaas die dadels, margarien en koeksoda in 'n mengbak.
Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word. Klits eier, suiker en vanillaessens goed en gooi by die dadelmengsel.
Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in. Gooi neute by en meng goed.
Bak 1 uur lank in 'n voorverhitte oond van 180C in 'n gesmeerde broodpannetjie.
GESONDHEIDSBROOD
3 koppies volkoringmeel
1 koppie koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel sout
½ koppie sonneblomsade
2 koppies ongegeurde jogurt
Meng al die bestanddele saam en bak vir 45 minute by voorverhitte oond van 200C.
Skakel oond af en laat vir 'n verdere 15 minute voor dit uitgehaal word.
GOUE KLAPPERBROOD
125ml botter
125ml suiker
3 eiers, geskei
5ml vanielje geursel
250ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
190ml melk
125ml strooisuiker
250ml klapper
Room die botter en suiker tot donsig.
Voeg die eiergele en vir een by en klop dit goed na elke byvoeging. Voeg die geursel by.
Sif meelblom en bakpoeier saam en voeg beurtelings met melk by die eiermengsel.
Giet beslag in gesmeerde broodpannetjie. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg strooisuikerby en klits goed.
Vou klapper daarby in.
Skep oor die deeg en bak vir 45 minute by 180C.
GRONDBOONTJIEBOTTERBROOD
500ml gesifte meel
125ml suiker
10ml bakpoeier
5ml sout
187ml grondboontjiebotter
1 eier (goed geklits)
187-250ml melk
Sif die droë bestanddele en die suiker saam.
Werk die grondboontjiebotter met 'n vurk daarin.
Voeg die eier by en meng dit verder met die vurk. Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in 'n gesmeerde broodpannetjie.
Bak dit 50-60 minute lank in 'n matige oond by 180C.
Dien op met botter gesmeer.
VOLKORINGBROODJIE
250 ml volkoringmeel
250 ml meelblom
20 ml bakpoeier
knypie droë mosterd
knypie rooipeper
2 ml sout
12, 5ml ui, gekap
250 ml Cheddarkaas, gerasper
1 eier
250 ml afgeroomde melk.
Voorverhit die oond tot 200C.
Smeer 'n broodpan met botter. Plaas die meelblom, volkoringmeel, bakpoeier, mosterdpoeier, rooipeper en sout in 'n mengbak.
Voeg die ui en kaas by. Klits die eier saam met die melk en voeg dit geleidelik by die meelmengsel.
Meng goed. Plaas die deeg in die broodpan en bak 25-30 minute.
Moenie die brood voor die volgende dag sny nie.
OLYFBROOD MET TAMATIES
950ml koekmeelblom
10ml sout
1x10g pakkie kits droëgis
45ml olyfolie
280ml lou water
20ml vars roosmaryn, gekap
growwe sout
100g songedroogde tamaties in olyfolie
Voorverhit oond tot 230C. Dreineer tamaties in kap in stukkies.
Sif meelblom en sout saam in warm mengbak en voeg gis by.
Meng olyfolie met water. Voeg by meelmengsel en meng tot sagte deeg verkry word. Plaas op 'n meelbestrooide oppervlak en knie vir 10 minute.
Vorm tot 'n bal, plaas in gesmeerde bak en bedek met kleef plastiek. Laat deeg rys tot dubbele volume-sowat 1 uur. Knie deeg af en voeg tamaties en roosmaryn by. Vorm deeg tot ovaal vorm.
Plaas deeg op gesmeerde bakplaat, bedek met kleef plastiek en laat weer vir 45 minute op warm plek rys.
Bestryk brood met water en strooi growwe sout oor. Bak vir 12 minute, verminder temperatuur tot 190C en bak vir nog 10-15 minute.
Verwyder van bakplaat en laat afkoel.
SONSKYNBROOD
250ml semelvlokkies
250ml sagte bruinsuiker
315ml afgeroomde melk
500g droë vrugtekoekmengsel
5ml lemoengeursel
375ml bruismeel
Meng semelvlokkies, suiker, melk, vrugte en lemoengeursel. Laat staan vir 2 uur. Sif meel by mengsel. Spuit 'n broodpan met kleefwerende middel en skep mengsel in pan. Bak in voorverhitte oond by 180C vir 90 minute of tot 'n toetspen in die middel skoon uitkom. Laat afkoel, maak met foelie toe en laat staan vir 24 uur voor bediening.
Dit is lekker saam met braaivleis en dan is dit ook nie altyd eers nodig om sous te maak nie.
NEUTEBROOD
2 koppies meelblom
4 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
½ koppie suiker
4 eetlepels botter of margarien
1 eier
1 koppie melk
1 koppie gekapte okkerneute
Sif droë bestanddele saam en voeg suiker daarby. Vryf botter met vingerpunte daarin. Klits die eiers goed, en voeg dit by die melk.
Roer dit geleidelik by die droë mengsel om 'n sagte deeg te vorm.
Voeg die okkerneute by en gooi in 'n gesmeerde pan wat met gesmeerde papier uitgevoer is.
Laat 30 minute staan en bak vir 40 - 50 minute in 'n matige oond van 180C.
BRUINBROOD
600ml witbroodmeel
560ml volkoringmeel
600ml bruinbroodmeel
1x10g kitsgis
sout na smaak
500-750ml warm water
Meng die meel, gis en sout in 'n groot mengbak. maak 'n holte in die meel en voeg 500ml van die water by. meng met 'n lepel tot 'n stywe deeg vorm. As die deeg te styf is, kan nog water bygevoeg word. knie deeg op 'n houtplank wat liggies met meel bestrooi is, tot glad en elasties.
Vorm die deeg in twee gesmeerde broodpanne, bedek en laat rys tot dubbel die volume.
Bak 40-60 minute in 'n voorverhitte oond by 200C. Laat op 'n draadrak afkoel.
WITBROOD
1kg witbroodmeel
15ml sout
10ml suiker
1x10g kits droëgis
20g botter
625ml lou water
Sif die meel, sout, suiker en gis saam. Vryf botter by droë bestanddele in. voeg lou water by en meng tot 'n sagte deeg.
As die deeg te droog is, kan nog bietjie water bygevoeg word. Knie deeg tot sag en elasties.
Plaas in 'n olie gesmeerde mengbak, bedek en laat 20 minute lank rus.
Nadat deeg gerys het, knie af en verdeel in 2 ewe groot dele, vorm en plaas in gesmeerde broodpanne. Bedek en laat rys op 'n warm plek, 35-40 minute lank of tot dubbel die hoeveelheid deeg.
Bestryk met water en bak in voorverhitte oond by 200C, vir 35 minute of tot gaar.
KORINGROERBROOD
5 x 250ml gaar koringkorrels
6 x 250ml bruinbroodmeel
2 x 10g kitssuurdeeg
25ml sout
60ml bruinsuiker
125ml kookolie
1 liter louwarm water
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in´n mengbak. plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur.
Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die bo rand van pan. (dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.)
Stel intussen die oond op 200C.
Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.
KNOFFEL-KAASBROODJIE
500g bruismeel
500ml karringmelk
1.5 koppies gerasperde kaas (cheddar)
1 teelepel marjolein
1 teelepel knoffelvlokkies
2 eiers
Meng al die bestanddele goed saam.
Gooi in 'n gesmeerde broodpan, strooi 'n bietjie van die gerasperde kaas oor en bak in voorverhitte oond teen 180C vir 1 uur.
MURGPAMPOENTJIEBROOD
250ml kookolie
250ml suiker
3 eiers
500ml koekmeel
250 nutty wheat
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
1ml neutmuskaat
15ml fyn kaneel
500ml fyn gerasperde murgpampoentjies
125ml rosyne
5ml vanielljegeursel
Klits olie en suiker saam. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. sif droë bestanddele saam en voeg semels by wat in sif agterbly.
Voeg om die beurt met murgpampoentjie by geroomde mengsel.
Roer rosyntjies en vanielje in en skep in 'n gevoerde 23 cm broodpan.
Bak 50 -60 minute in voorverhitte oond teen 160C.
BOTTERSKORSIE-GESONDHEIDSBROOD
125ml sonneblomsaad, gerooster
750ml volkoringmeel
5ml koeksoda
15ml bakpoeier
5ml sout
250ml All-Bran-graanvlokkies
250ml gerasperde rou botterskorsie
45ml heuning
1 ekstra groot eier, geklop
500ml karringmelk
125ml water
Meng die sonneblomsaad, meel, koeksoda, bakpoeier, sout, graanvlokkies en botterskorsie saam.
Klop die heuning, eier, karringmelk en water saam en voeg by die droë bestanddele.
Meng goed om 'n taaierige brooddeeg te vorm.
Skep in 'n groot voorbereide broodpan.
Bak in 'n voorverhitte oond by 180C vir ongeveer 1 uur.
BRAAIVLEISBROODJIE
500ml fyn gerasperde wortels
425ml kookwater
30ml olie
15ml heuning
500ml mieliemeel
2ml rooipeper
5ml sout
4 ekstra groot eiers, geskei
Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit.
Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning.
Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel.
Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel.
Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.
KAAS-EN-UIEBROODJIE
900ml volkoringmeel
500g bruismeel
1 pakkie (25g) uiesoppoeier
15ml vars gekapte pietersielie
250ml gerasperde Cheddar kaas
1 liter karringmelk
60ml kaas uitgehou om bo-oor te sprinkel
Meng al die bestanddele goed en skep mengsel in 2 gesmeerde broodpannetjies.
Sprinkel orige kaas bo-oor.
Bak een uur in 'n voorverhitte oond by 180C.
KARRINGMELK-KAASBROODJIE
900ml volkoringmeel
1 pakkie uiesoppoeier
15ml vars gekapte pietersielie
1 liter karringmelk
500g bruismeel
250ml gerasperde Cheddarkaas
Hou 60ml van die gerasperde kaas eenkant.
Meng die res van die bestanddele goed saam en skep in 2 gesmeerde broodpannetjies. Sprinkel kaas wat eenkant gehou is oor die deeg in die pannetjies.
Bak ongeveer 1 uur in 'n voorverhitte oond by 180C.
BALLETJIEBROOD
1kg koekmeelblom
10ml sout
40g ( 4 pakkies) kits droë gis
10ml suiker
20g anyssaad
60g botter in klein blokkies gesny
600ml warm melk
1 eiergeel, liggies geroer
Smeer 3 klein broodpannetjies met botter. Sif meel, sout, gis en suiker saam in 'n mengbak en voeg dan anyssaad by. Meng die botter en die warm melk, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot 'n ferm deeg. Keer uit op 'n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie tot 'n sagte nie-klewerige deeg wat glad en elasties is.
Plaas in 'n bak wat liggied met olie gesmeer is en verseël met plastiek (smeer ook met olie) en hou eenkant op 'n warm plek totdat die volume verdubbel het.
Druk die deeg plat, knie liggies en vorm balletjies van 50 gram.
Plaas in 'n broodpan maar laat ruimte aan die kante.
Sit in 'n warm treklose vertrek en laat staan vir sowat 30 minute totdat die deeg tot by die bokant van diie pan gerys het.
Verhit die oond tot 180C.
Bestryk die brood met eiergeel, bak vir 15 minute en verlaag dan die hitte tot 160C.
Bak vir nog 30 minute tot gaar.
Keer op 'n draadrak uit en laat afkoel.
CHAKALAKA BROODJIE
(kan ook muffins maak)
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur/sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper
{ Voorverhit oond tot 180°
{ Sif droë bestandele saam
{ Klits eier & chakalaka
{ Meng eier mengsel met droë bestandele
{ Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
{ Bak +/- 45 minute
DADELBROOD
500g ontpitte dadels
2 eiers
45g ( 3e) botter
10 ml (2 t) koeksoda
500 ml (2 k) kookwater
750 ml (3 k) meel
500 ml (2 k) suiker
METODE:
Sny dadels fyn. Gooi koeksoda in en gooi kookwater oor. Laat koud word.
Voeg dan by die res van die bestanddele in die bak van 'n voedselverwerker of klitser en verwerk teen hoë spoed
totdat die dadels heeltemal fyn en eweredig deur die deeg versprei is.
Plaas mengsel in 'n klein gesmeerde broodpannetjie en bak 1 uur teen 180ºC tot gaar.
Om te toets of dit gaar is - 'n dun meslem moet skoon uitkom as dit in die middel gedruk word.
Laat afkoel, keer uit, en bedien in snye met ongesoute botter. Smeer indien verlang
KLAPPERBROOD
2 eiers
310 ml klappermelk
5 ml vanieljegeursel
625 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
7 ml kaneel
250 ml ligbruinsuiker
250 ml fyn klapper
100 ml gesmelte botter
METODE:
Gekookte kondensmelk of karamelkondensmelk om oor te smeer
Klapperskaafsels om mee af te rond (opsioneel)
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n middelslag-broodpan met bakpapier uit. Smeer weer.
Klits die eiers, klappermelk en vanieljegeursel saam in ’n bak.
In ’n ander bak, meng die meel, bakpoeier, kaneel, suiker en klapper.
Maak ’n holte in die middel.
Roer die gesmelte botter by die eiermengsel en voeg by die droë bestanddele.
Roer tot goed gemeng. Skep in die voorbereide pan en bak vir 1 uur (20 minute vir kolwyntjies) tot deurgaar.
Laat effens in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.
Smeer ’n dik laag gekookte kondensmelk bo-oor en sprinkel klapperskaafsels oor.
Bêre in ’n lugdigte houer. Lewer 10-12 porsies.
PIESANGBROOD
125g botter of margarine
1 koppie suiker (wit of bruin)
2 eiers
3 medium piesangs "gemash"
1t vanilla essence
2 koppies meel
1t bak poeier
1t bicarbonate of soda
Voorverhit oond tot 180°C
Room botter en suiker saam tot dik en sag.
Voeg eiers een vir een by en klits goed na elke een.
Voeg piesangs en vanilla by. Meng liggies deur.
Sif alle droë bestanddele saam en vou by piesang mengsel.
Gooi in een goed gesmeerde brood pannetjie (bak 45min) *of in twee vir kleiner broodjies (bak 20min) tot mooi bruin Bo.
ROGBROOD
Genoeg vir: 2 brode
Bereidingstyd: 20 minute vir meng en knie, sowat 1 uur rystyd, 5 minute vir afknie en vorm, nog sowat 25 minute vir rys voor jy bak
Oondtemperatuur: 200 °C
Baktyd: 35 minute
350g bruin rogmeel
150g volkoringmeel
7,5ml sout
1 x 10g pakkie droë kitsgis
10ml karwysaad
40ml botter, in blokkies gesny
30ml melasse
sowat 400ml water
METODE:
Smeer twee bakplate en hou dit eenkant. Meng die twee soorte meel en sout in ’n groot mengbak. Roer die kitsgis en karwysaad by.
Vryf die botter in. Voeg die melasse en water by en meng deeglik om ’n sagte deeg te vorm.
Knie die deeg in die bak tot glad en hanteerbaar. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vir nog 10 minute of tot dit glad en elasties is
Vorm ’n bal met die deeg, plaas dit in ’n groot bak, bedek die bak met kleefplastiek en laat staan dit op ’n warm plek om tot dubbel die grootte te rys. Keer die deeg weer op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie dit af om alle lugblase te verwyder. Voorverhit die oond.
Verdeel die deeg in twee ewe groot stukke en vorm twee ronde of ovaalvormige brode. Plaas die brode op die voorbereide bakplate en maak ’n paar snitte in die bokant van elke brood. Bedek met kleefplastiek en laat staan dit op ’n warm plek om te rys. Verwyder die kleefplastiek en bak vir 35 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom en die brood hol klink wanneer jy daaraan klop. Haal uit die oond en laat 10 minute op die bakplate afkoel. Plaas op ’n draadrak om verder af te koel.
BASIESE BRUINBROOD
400 g meel
10g kitsgis
350 g nutty wheat
30 g margarien
ongeveer 500 ml warm water
1 t sout
Meng meel en sout. Vryf margarien in. Sprinkel kitsgis bo‑ oor en meng. Voeg geleidelik die water by, meng tot sagte maar nie klewerige deeg. Knie tot glad en elasties. Plaas in gesmeerde skottel en maak toe met gesmeerde cling wrap. Plaas op warm plek tot dubbel in grootte gerys. Knie af vir 5 minute lank. Plaas in broodpan en laat weer rys. Bak by 190ºC vir ongeveer 40 minute.